Voëlgriep kan bedryf lamlê, sê Pluimveevereniging
Adam Hartman op Swakopmund – As die hoogs aansteeklike voëlgriep wat onlangs bevestig is en as die HPAI H5N1-variant geïdentifiseer is die plaaslike hoendervleisbedryf binnedring, kan dit die sektor tot in sy kern skud.
Dit was mnr. Rene Werner van die Namibiese Pluimveevereniging van Namibië se reaksie nadat die ministerie van landbou, water en grondhervorming die uitbreking amptelik bevestig het.
Dis die eerste keer in Namibië se geskiedenis dat hierdie variant bevestig is, en honderde seevoëls het reeds die afgelope twee weke langs die kus tussen Walvisbaai en Swakopmund gevrek.
“Ons neem dit baie ernstig op. Voëlgriep is ’n baie slegte siekte; mens kan nie jou voëls vir die virus behandel nie. Die impak van die virus is verwoestend vir ’n boer aangesien hy al sy pluimvee sal verloor – hetsy deur die siekte, of in die geval waar hy al sy hoenders, selfs die gesondes, van kant moet maak om te probeer keer dat die siekte na ander plase versprei,” het Werner verduidelik.
Hy het verwys na Suid-Afrika, waar plase met 100 000 voëls alles verloor het weens voëlgriep-uitbrekings.
Hy het gesê hoewel die huidige uitbreking net aan die kus waargeneem is, vlieg seevoëls ook na damme soos die Von Bach en Swakoppoort, vanwaar die virus na die binneland kan versprei.
Hy het gesê die siekte kan die bedryf verwoes en diegene vir wie dit moontlik is “sal weer van voor af moet begin”.
Hy het gesê daar was tot op hede nog nie ’n ernstige uitbreking van voëlgriep in Namibië nie.
Die landbouministerie en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het Donderdag ’n gesamentlike verklaring aan die publiek, veral pluimveeboere, uitgereik waarin hulle gewaarsku word oor die uitbreking, en dat dié griep na mense oordraagbaar is.
Mense kan deur die oë, neus en mond besmet word wanneer hulle besmette voëls hanteer en in noue kontak kom of deur die hantering en verbruik van besmette voëlprodukte.
Daar is egter geen bevestigde oordrag van voëlgriep van mens tot mens nie, volgens die verklaring.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie