Voëlgriep knou groei in SA landbou
Dennis Delport - Die uitbreking van voëlgriep onder hoenders kan enige hoop op groei in die landbousektor uitwis, sê Mike Schüssler, ekonoom by Economists.co.za.
Die pluimveebedryf het tot dusver vure doodgeblaas oor die impak van die siekte. Sowat 900 000 hoenders moes tot dusver van kant gemaak word, maar Kevin Lovell, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa) sê dit is steeds slegs ’n klein deel van die totale kommersiële hoenderbevolking van sowat 145 miljoen.
Tot dusver is hoenders op vier plase besmet met die hoogs aansteeklike H5N8-virus, twee daarvan die afgelope week in Mpumalanga en Gauteng.
Die buurlande het ’n verbod geplaas op die invoer van Suid-Afrikaanse pluimvee en -produkte. Europa het ook ’n verbod geplaas op die invoer van volstruisvleis.
As die probleem met die virus nie vinnig bygelê word nie, kan dit groot implikasies vir die landboubedryf hê, sê Schüssler.
“Dis nou slegs vier plase, maar as dit 20 of 30 word, gaan mense hul werk verloor.”
Die FNB-landbouekonoom Dawie Maree het gesê die bedryf kan tot 2 500 poste verloor as die verbod op invoere ’n paar maande aanhou.
Die departement van bosbou, landbou en visserye het maatreëls ingestel dat die verkoop van meer as vyf hoenders op ’n slag geregistreer moet word in ’n poging om die verspreiding van die siekte te keer.
Daar word in Europa gevrees die virus, wat voorheen nie in die somer voorgekom het nie, deesdae minder seisoenaal is.
Landbou was in die eerste kwartaal saam met mynbou die enigste twee sektore van die ekonomie wat gegroei het. – Netwerk24
Namibië verslap invoerverbod
Die ministerie van landbou, water en bosbou het aangekondig dat die streng invoerverbod op pluimvee en pluiveeprodukte uit Suid-Afrika, verslap word.
Lewende pluimvee en volstruise afkomstig van geregistreerde en goedgekeurde plase en aanlegte buite ‘n radius van 90 km vanaf die Vaaldam, mag wel na Namibië ingevoer owrd. So ook rou vleis en afkomstig van volstruise, hoenders en ander pluimvee, asook eiers.
Gekookte pluimveeprodukte mag ook ingevoer word.
‘n Gesertifiseerde veearts moet egter ‘n gesondheidsertifikaat uitreik wat toon dat die plase of aanlegte waarvandaan die voorgenoemde produkte of lewende voëls afkomstig is, vry is van voëlgriep en buite die vasgestelde 90 km-radius is.
Vir meer inligting hieroor, kan die invoerder vir dr. Vistorina Benhard by 061 303 150 bel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie