Voëlgriep sluit grens vir hoenderinvoere uit SA
Ronelle Rademeyer - Die ministerie van landbou, water en grondhervorming se direktoraat veeartseynydienste (DVS) het Maandag ‘n algehele verbod geplaas op die invoer van pluimvee, voëls en pluimveeprodukte uit Suid-Afrika.
Dit volg nadat hoogs aansteeklike voëlgriep (HPAI), wat erge kliniese simptome by pluimvee en voëls veroorsaak en tot hoë getalle vrektes lei, nou ook vanaf Gauteng en die Noordwes-provinsie na ‘n braaikuikenplaas in die Wes-Kaap versprei het.
Die verbod beteken ook dat produkte soos hoendervleis nie eens deur Namibië na ander buurlande vervoer mag word indien dit uit Suid-Afrika afkomstig is nie.
Volgens die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa) is daar nou twee plase aan die Oos-Rand, een in Noordwes, een in die Klipdrift-omgewing op die grens van Gauteng en Noordwes, een in Randfontein en een in die Worcester-omgewing (Wes-Kaap) met positiewe gevalle, berig Netwerk24.
Die plase is almal kommersiële hoenderplase waar daar met braaikuikens of lêhoenders geboer word.
Die eerste geval van voëlgriep is op 9 April op ‘n kommersiële plaas in Suid-Afrika uitgebreek en op 15 April het die DVS invoere vanaf dié betrokke plaas verbied.
Volgens ‘n verklaring deur dié direktoraat, is die verbod terugwerkend van krag. Aangesien die inkubasietyd van die virus 21 dae is, sal alle hoender- en pluimveeprodukte wat op of ná 19 Maart vanjaar verpak is, toegang tot die land geweier word.
“Alle invoer- en deurgangspermite vir pluimvee en produkte afkomstig van pluimvee wat hul oorsprong in Suid-Afrika het, word met onmiddellike effek gekanselleer,” het die direktoraat Maandagaand in ‘n verklaring gesê.
Hoender- of ander pluimveeprodukte wat van ander lande afkomstig is en via Suid-Afrika na Namibië ingevoer word, word in die land toegelaat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie