Volhoubare konsep: Afrika-parke

Twee omgewingskenners doen ’n beroep op herbesinning: Die mengsel van boerdery, jag, versorging van wild en toerisme, soos beoog deur die CBNRM-konsep, voldoen nie meer aan die vereistes wat voortspruit uit die verandering en verwoesting van die klimaat nie.
Andrew Poolman
Frank Steffen

“Dit het tyd geword om weer na die konsep van CBNRM (Community-based Natural Recource Management) te kyk en om potensiële verbeteringe te maak,” is die mening van die omgewingskenners mnr. Izak Smit en me. Ingrid Mandt van die bewaring inisiatief DeLHRA (Desert Lions Human Relations Aid).

Die omgewingskundiges stel die vestiging van sogenaamde “Afrika-parke” voor. Dié parke het deur die jare relevant geword as ’n omkeerstrategie in Afrika.

“Om die natuur- en toerismegebiede te optimaliseer, moet dit geïdentifiseer en van die begin af met duidelike grense gedefinieer word. Dit moet dan as sodanig in die staatskoerant afgekondig word, hetsy as konsessiegebied of as geproklameerde beskermde gebied.

“Die gebied moet ’n status hê wat behoorlik deur wetgewing en deur wetstoepassing beskerm word. Boerdery, algehele gebruik en jaggebiede – die laasgenoemde moet duidelik nie aan beskermde gebiede grens nie – moet gesoneer word met duidelike onderskeid van die beskermde gebiede.”

OMSTANDIGHEDE VERANDER

CBNRM is in die vroeë 1990’s gestig toe kwessies soos klimaatsverandering en verwoestyning nie ter sake was nie. Intussen is nóg die nomadiese leefstyl met sy tradisionele veeteelt, nóg die bestaansboerdery ’n volhoubare opsie. Die volhoubare model van kommersiële boerdery wat ’n moderne bestaan ondersteun, is nie meer moontlik in hierdie ekologies sensitiewe gebied nie.

Die inkomste van die bevolking moet gediversifiseer word – tradisionele, vernietigende veeteelt moet nie langer nagestreef word nie. Die CBNRM-model maak voorsiening vir die volhoubare gebruik van grond, wat die verbruik van natuurlike hulpbronne insluitend jag insluit.

Volgens DeLHRA is die mengsel van boerdery, jag, beskerming van wild en toerisme nie ’n volhoubare oplossing nie. Volhoubaarheid word ’n nagedagte wanneer droogtes, soos die een van die laaste sewe jaar, mense dwing om van weidingsgebiede gebruik te maak wat aanvanklik vir wild voorbehou was, in hul soektog na noodweiding vir hul lewende hawe.

Die Ovahimba gemeenskappe het die CBNRM-reël in die verband ignoreer en in die proses wilde diere van die gebied die geleentheid ontneem om te kan oorleef. Die wilde diere is die natuurlike kos van die leeus. Die Huaruseb-, Hoanib- en Huabriviere het tot “lineêre plase” ontwikkel en die wild het uitgesterf of wegbeweeg uit die gebied – as dit nie in die eerste plek deur stropers geskiet is nie.

WILD MAAK PLEK VIR BEESTE

Mandt en Smit wonder hoekom wild altyd plek moet maak vir landbou, terwyl laasgenoemde reeds bewys het dit is nie volhoubaar nie. Hierdie verplasing stel toerisme in gevaar, omdat die besienswaardighede in die omgewing – voorheen volop wild sowel as woestynaangepaste leeus en olifante – nou uitsterf.

Smit is die voorsitter van die DeLHRA stigting, wat veral vir die woestynaangepaste leeus in die Noordweste sorg. Hy en Mandt stem saam die transformasie van die streng gestruktureerde natuurbewaringsafdeling van voor onafhanklikheid, het gevorder tot ’n punt waar die ervare en goed opgeleide natuurbewaarders deur die plaaslike gemeenskappe betrek is wat volhoubare modelle ondersoek het, spesifiek die selfbeheerde beginsel wat nou as bewaringsgebiede bekend staan.

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme (MEFT) het sy vereistes toenemend uitgekontrakteer weens ’n gebrek aan kapasiteit en hulpbronne. Dit was die begin van die “era van NGO’s”, beweer die twee DeLHRA lede.

Hierdie uitkontraktering het gelei tot die ontstaan van nuwe organisasies wat gewoonlik iets soortgelyk aan die omgewingshulporganisasie IRDNC (Integrated Rural Development and Nature Conservation) sou wees. Die volgende stap was die stigting van die sambreelorganisasie NACSO (Namibian Association of CBNRM Support Organisations).

DIERERYK STERF UIT

Dit is die resultaat van ’n sisteem van aan die een kant nie-regeringsorganisasies (NGO’s) toelaat om plaaslike gemeenskappe met die versorging en instandhouding van wildediere te help, maar aan die ander kant hulle die reg van medebepaling ontneem. Hulle is afhanklik van die welwillendheid van MEFT.

Die uitreiking, of weiering, van ’n werkpermit of ’n navorsingspermit het dit moontlik gemaak dat MEFT mettertyd ’n eksklusiewe klub kon vorm wat uit geselekteerde lede bestaan.

Die gevolg is dat navorsers, omgewingsbewaarders en organisasies hul gebiede verdedig en geen nuwe deelnemers of alternatiewe idees toelaat nie. Werkprosesse het ontwikkel in ooreenstemming met die sakebelange en agendas van individue.

Dus het NGO’s gewoonlik permitte vir navorsing ontvang terwyl hulle eintlik toerismebelange verteenwoordig. Die bestendige vloei van inkomste het belangriker geword as navorsing of omgewingsbeskerming op sigself.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!