Volksmoord: Duitse aanbod ‘onaanvaarbaar’
In dié stadium blyk ’n politieke skikking op die tafel te wees tussen Namibië en sy eertydse koloniale mag.
Jemima Beukes – Die Namibiese regering het ’n finansiële aanbod deur die Duitse regering om op te maak vir die 1904-’08-slagting van Namas en Herero’s verwerp.
Volgens die Namibiese regering is dié aanbod onaanvaarbaar.
Hiernaas weier die Duitse regering ook om die term “reparasies” te gebruik en verwys na “heling van (die) wonde” wat vanweë die volksmoord ontstaan het.
Namibië se spesiale volksmoordgesant, dr. Zed Ngavirue, het by navraag ontken die Duitse aanbod beloop N$200 miljoen.
“Dit moet die stelling wees wat ons president gemaak het en soos ’n veldbrand versprei het, maar dít is nie die werklike bedrag nie. Ons gebruik nie daardie bedrag nie, omdat ons nog onderhandel, en ek veronderstel dit is waarom die €10 miljoen op ’n manier opgeduik het. Al wat ek kan sê, sonder om uit te brei, is die bedrag is nog onderhewig aan onderhandeling en dit wat aangebied is, was nie aanvaarbaar nie.”
Volgens Ngavirue het die partye ’n stadium bereik waartydens hulle betekenisvolle projekte onder die loep neem wat in Namibië geïmplementeer kan word.
Verwerp
Die presidensie het ook die afgelope week aangekondig die Duitse aanbod is van die hand gewys. “Die huidige aanbod vir reparasies wat die Duitse regering gemaak het, bly ’n onafgehandelde kwessie en is nie aanvaarbaar vir die Namibiese regering nie. Die spesiale kabinetskomiteevergadering wat op 5 Maart 2020 belê is, het die spesiale gesant gevra om aan te hou met die onderhandelinge vir ’n hersiene aanbod.”
Projekte
Die presidensie het ook aangekondig die regering het deur die Nasionale Beplanningskommissie (NPC) ’n kundige aangestel om te help om voorleggings vir projekte af te handel.
Die voorgestelde projekte het ten doel om die gemeenskappe, wat deur die volksmoord geraak is, op te hef.
Ngavirue het Dinsdag by Staatshuis aan pres. Hage Geingob gesê die twee regerings het op ’n politieke skikking ooreengekom.
Die spesiale komitee sal vandeesmaand na die voorgestelde projekte kyk waarna die voorleggings na ’n tegniese komitee verwys sal word.
Die projekte sal na verwagting in die ||Kharas-, Hardap-, Khomas-, Kunene-, Omaheke-, Otjozondjupa- en Erongostreek geïmplementeer word. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie