Volksmoord: Duitse ambassadeur swyg
Volksmoord: Duitse ambassadeur swyg

Volksmoord: Duitse ambassadeur swyg

Die leier van die PDM sê die nuwe parlement sal insae in die gesprek oor ’n verskoning móét hê.
Denver Kisting
Denver Kisting – Al wat hy in dié stadium kan sê, is onderhandelinge oor ’n verskoning deur Duitsland aan Namibië oor die Herero/Nama-volksmoord van 1904 duur voort.

Só het die Duitse ambassadeur in Namibië, mnr. Herbert Beck, gister by die parlementsgebou gesê.

Albei partye, sê Beck, is vol vertroue hulle sal by volgehoue gesprekke baat, het hy gesê.

“Soos julle weet, is hulle vertroulik en ek kan niks oor die inhoud daarvan sê nie.”

Beck het gesê hy is bewus van die openbare belang verbonde aan die gesprekke, maar in dié stadium geniet die onderhandelinge voorkeur.

Beck het Maandag ’n welwillendheidsbesoek aan mnr. McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), gebring.

Tydens dié besoek het Beck, wat voor Namibië in Ysland diens gedoen het, gesê hy hoop die gesprekke word in belang van alle partye opgelos.

Venaani het gesê hy sal daarop aandring dat die aard en omvang van dié gesprekke ten minste aan alle LP’s ná hul inhuldiging op 21 Maart openbaar gemaak word.

Verlede jaar tydens ’n paneelbespreking in Windhoek het me. Kaambenda Veii, die direkteur van die Riruako-sentrum vir Volksmoord- en Geheuestudies, gesê mense wat eis die Namas en Herero’s moet “aanbeweeg”, sit die pot mis.

Dieselfde geld vir mense wat wonder waaroor die bohaai gaan, het sy gesê.

“Ek kan nie aanbeweeg nie, omdat niks gedoen is om die situasie reg te stel nie,” het sy tydens die bespreking gesê.

Veii het gesê: “Namibië is nie ’n maklike land nie. Ons kom uit ’n stukkende verlede.”

Die enigste weg vorentoe is om ’n gemeenskaplike veilige ruimte te vind waarin almal ingesluit is, het sy gesê.

Die LP en voorsitter van die tegniese komitee oor Nama-volksmoord, me. Ida Hoffmann, het haar gelyk gegee.

’n Goeie begin sou wees om die gebeure van 1904 as ’n volksmoord te erken, het Hoffmann gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!