Volksmoord: Duitsland maak nuwe aanbod
Die Duitse regering is bereid om geld vir spesifieke projekte in sewe Namibiese streke te bewillig.
Augetto Graig – Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het verlede week in die parlement 'n oorsig gegee oor die vordering wat tot dusver met die land se onderhandelinge met Duitsland oor vergoeding en 'n verskoning oor die Herero/Nama-volksmoord van 1904 tot 1908 gemaak is.
Die regering oorweeg nog die nuwe aanbod wat Duitsland onlangs vir steun van ontwikkelingsprojekte in die streke ||Kharas, Hardap, Khomas, Kunene, Omaheke, Otjozondjupa en Erongo gemaak het, sê sy.
Die Duitse ambassade het by navraag bevestig die gesprek duur voort om die gesamentlike koloniale geskiedenis tussen die twee nasies te verwerk. Dit word met volle vertroue agter geslote deure gevoer, sê hulle.
“Die Duitse regering sal nie kommentaar oor die status of inhoud van die gesprek lewer nie,” lui die antwoord van die ambassade se mediakantoor.
Kuugongelwa-Amadhila het egter meer insig in haar toespraak verlede Dinsdag gedeel.
Onderhandeling het in 2015 begin nadat die Namibiese parlement in 2006 'n resolusie aanvaar het om die kwessie op te volg. Spesiale gesante is deur albei lande aangestel.
Namibië se onderhandelingstrategie fokus op die volksmoord, die verskoning en die reparasies, sê sy.
Ná vyf jaar en agt rondes van onderhandeling kon op 13 Februarie 2019 ooreengestem word oor die feite van gebeure wat tot die 1904-1908-volksmoord gelei het. 'n Konsepdeklarasie is hieroor saamgestel.
“Duitsland stem in 'n verskoning is nodig en is bereid om te onderhandel oor 'n regstelling,” het die eerste minister gesê.
“Hoewel die Duitse regering instem om oor die kwessie van regstelling te onderhandel, weier hulle om die bewoording 'vergoeding' te aanvaar,” sê Kuugongelwa-Amadhila.
Inteendeel verkies hulle “genesing van die wonde”, brei sy uit.
“Die Namibiese kant, met die bedoeling om Duitsland tot herstellende regverdigheid te dwing, vind die bewoording 'genesing van wonde' onvoldoende. Tans bespreek albei partye alternatiewe opsies soos “rekonsiliasie en herbou”, maar 'n ooreenkoms op die bewoording moet nog bereik word,” sê die eerste minister.
Intussentyd het die Namibiese regering voorgestel die Duitse regering help met spesifieke projekte “as 'n manier om vorentoe te beweeg en nie deur die bedrag van reparasies vasgevang te word nie,” het sy gesê.
Die projekte behels watervoorsiening, landelike en stedelike randgebiede se kragvoorsiening, behuising, opvoeding, beroepsopleiding, waardetoevoeging, landbou-ontwikkeling, grondverkryging en -ontwikkeling, sê sy.
“Duitsland het aangedui hulle is gewillig om geld vir die verwesenliking van hierdie projekte vir Namibië te gee,” het Kuugongelwa-Amadhila gesê. “Die bedrag is egter ver minder as betekenisvolle vergoeding. Die bedrag is nie aanvaarbaar vir Namibië nie, gegewe die verlies aan lewens, grond en kulturele erfenis van die betrokke gemeenskappe en die impak wat die volksmoord vandag nog op die Namibiese bevolking het.”
– [email protected]
FOTO’s
Skedels en bene van die 1904 tot 1908 volksmoord is gedurende 2014 deur Duitsland aan Namibië terugbesorg. Foto Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie