Volksmoord herdenk op Swakop
Lede van die Ovaherero en Nama het ter ere van volksmoordslagoffers by die kus byeengekom.
Adolf Kaure - Lede van Ovaherero- en Nama-gemeenskappe het Saterdag op Swakopmund die volksmoord van 1904 en 1908 herdenk.
Meer as 300 mense het by die grafte in die Swakopmund-gedenkpark byeengekom as huldeblyk aan diegene wat deur Duitse magte uitgewis is.
By die geleentheid het die Ovaherero-opperhoof, adv. Vekuii Rukoro, vir die voorouers om guns en seëninge gebid. Die gedenkpark was eens 'n groot konsentrasiekamp wat Duitse soldate gedurende die volksmoord gebruik het.
Massagrafte was geleë langs Riversidestraat, wat Saterdag dag na Dr Kuaima Riruako-straat hernoem is.
“Dit is 'n baie belangrike straat omdat dit strek langs die plek waar baie Ovaherero-mense begrawe is.
Namens al die Ovaherero en Nama wat wreedaardig in die konsentrasiekamp vermoor is ná twee uitwissingsbevele deur Lothar von Trotha, onthul ek die nuwe straatnaam. Ek bedank die Swakopmund- munisipaliteit en straatnamekomitee vir die nakoming van ons versoek,” het Rukoro gesê.
Die Ovaherero en Nama het daarna deur die sentrale sakedistrik na die Vineta Noord-sportvelde beweeg, party te voet en ander op perde.
Opperhoof Aletha Nguvauva van die Ovambanderu het 'n beroep gedoen op volharding en eenheid om te oorwin, en gesê "ons sal nooit opgee nie". 'n Hofsaak vir regstellende geregtigheid wat in New York teen Duitsland aanhangig gemaak is, het misluk.
“Kom ons los die argumente, asseblief. Hierdie stryd is vir ons almal. Een vinger kan nie 'n neut optel nie. As 'n kwessie deur baie mense aangepak word, kan dit opgelos word. Terwyl ons onder mekaar stry, kan ons verloor - wat 'n derde party tot voordeel strek,” het Nguvauva gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie