Volksmoord: Nasate onderteken ooreenkoms
Die Ovaherero-, Ovambanderu- en Nama-raad vir die dialoog oor die 1904-1908-volksmoorde en leiers wat die nasate van slagoffers in Botswana verteenwoordig het Dinsdag 'n samewerkingsooreenkoms in Windhoek onderteken.
Die sekretaris van die organisasie, mnr. Ueriuka Tjikuua, het gesê die doel van die ooreenkoms is om samewerking tussen die partye oor alle kwessies rakende die volksmoorde te versterk.
Nasate van slagoffers wat in ander lande woon, byvoorbeeld in Botswana, moet volgens die groep deel van die gesprek tussen die regerings van Namibië en Duitsland wees.
"Ons erken die gemeenskaplike belangstelling in die welsyn van die nasate van die 1904-1908-volksmoord se slagoffers. Daarom probeer ons om die vennootskap tussen die twee partye te ontwikkel, veral om erkenning van die volksmoord en 'n aanvaarbare verskoning en vergoeding daarvoor te kry,” het Tjikuua gesê.
Volgens hom moet mense in Namibië met die nasate van slagoffers in ander lande verenig. "Dit is net die begin van 'n effektiewe proses om uit te reik na ons mense in die diaspora. Gesprekke met ons mense in Suid-Afrika en elders is ook aan die gang," het Tjikuua gesê.
Volgens hom het die twee groepe onlangs die Namibiese visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, besoek.
Mnr. Jazenga Kuhanga, sekretaris van openbare betrekkinge van die Botswana-vereniging vir die Nama, Herero en Mbanderu, het gesê die besoek was belowend.
Mbumba het volgens hom onderneem om president Hage Geingob van hul besorgdheid oor die onderhandelinge in te lig voordat die regering enige kommentaar oor vordering met die gesprek lewer.
Volgens Kuhanga ondersteun die Botswana-regering sy organisasie.
"Na aanleiding van die vergadering wat ons met die visepresident gehad het, is ek oortuig die president is van die onlangse verwikkelinge ingelig," het Kuhanga gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie