Volksmoord-onderhandelinge 'n 'mors van tyd'
Volksmoord-onderhandelinge 'n 'mors van tyd'

Volksmoord-onderhandelinge 'n 'mors van tyd'

Die Namibiese en Duitse regerings is gevra om te bevestig of ''n ooreenkoms wat kort ná onafhanklikheid bereik is, beteken dat eise om vergoeding ongeldig is.
Catherine Sasman
Catherine Sasman



Die bilaterale onderhandelinge tussen die Namibiese en Duitse regerings oor die 1904-''08-volksmoord is ''n “openbare vertoning van oneerlikheid” weens ''n ooreenkoms wat met onafhanklikwording tussen die twee regerings getref is.

Dit was mnr. Festus Muundjua, ''n lid van die Ovaherero Tradisionele Owerheid (OTA), se uitspraak oor die onderhandelinge tydens ''n nie-regeringskongres oor herstellende geregtigheid ná volksmoord wat in Oktober in Berlyn, Duitsland, gehou is.

Muundjua het sy gevolgtrekking gegrond op The prospects of success for the Herero lawsuit against the Deutsche Bank for crimes committed during German colonial times wat deur die navorser Jan Grofe geskryf is. Die studie is deur die Konrad Adenhauer-stigting en die Namibiese Instituut vir Demokrasie (NID) geborg.

Grofe skryf die twee lande het teen 1990 reeds onderneem om ''n spesiale verhouding te vestig op grond van historiese bande, wat vir die Duitse regering meer ontwikkelingshulp vir Namibië as vir enige ander land beteken het.

Die Namibiese regering was dit eens dat voortgesette Duitse ontwikkelingshulp tesame met ondersteuning wat die Demokratiese Republiek van Duitsland aan Swapo verleen, het tydens die stryd om onafhanklikheid enige eise om vergoeding ongeldig maak, sê Grofe.

Muundjua bevraagteken nou of dié ooreenkoms daarop dui dat ontwikkelingshulp en ander bystand wat aan Swapo gegee is enige eise om vergoeding ongeldig maak.

“Die Duitse ambassadeur in Namibië, mnr. Christian Schlage, het reeds gesê daar sal geen vergoeding wees nie en dat die erkenning van volksmoord geen wetlike gevolge het nie. Is hierdie stellings nie binne die konteks van die destydse ooreenkoms gemaak nie?”

Hy meen ''n verskoning, wat die misdaad van volksmoord erken asook die gepaardgaande skade wat dit veroorsaak het, is geensins logies as die Duitse regering weier om vergoeding aan geaffekteerde Ovaherero- en Nama-­gemeenskappe betaal nie.

“Dit kom neer op ''n misdadiger wat skuld erken, maar dat hy slegs wat hy voorskryf as straf sal betaal,” het Muundjua gesê.

Hy het ook gesê die twee regerings moet hulself oor die bilaterale ooreenkomste uitspreek soos deur Grofe uitgewys, en verduidelik watter gevolge dit het vir die huidige volksmoord-onderhandelinge, veral die kwessie van vergoeding wat deur die Ovaherero en Nama geëis word.

Muundjua het gesê Namibië se spesiale gesant vir die volksmoord-­onderhandelinge, dr. Zed Ngavirua, moet in ''n posisie wees om lig te werp oor die ooreenkoms aangesien hy die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie was wat direk ná onafhanklikwording ontwikkelingshulp-ooreenkomste­ namens die Namibiese regering onderteken het.

“Ek kan nie dink dat diegene wat nou sê ''geen vergoeding en geen wetlike gevolge'' bewus is van hierdie ooreenkoms nie. Hulle moet erken daar is so ''n ooreenkoms en ook die omstandighede waaronder dit op ooreengekom is,” het Muundjua gesê.

Andersins, meen hy, is die huidige volksmoord-onderhandelinge ''n mors van tyd aangesien die uitkoms daarvan reeds bekend is.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer