Volksmoord-onderhandelinge ontstig Kazenambo
Die uitgetrede NV-lid het ernstige bedenkinge oor die regering se hantering van die volksmoordkwessie.
Estelle de Bruyn - Die voormalige Swapo-lid van die Nasionale Vergadering (NV) en oudminister, mnr. Kazenambo Kazenambo, wil antwoorde by die regering hê oor die lot van Namibiese Herero’s se nasate wat tydens die volksmoord van 1904 tot 1908 in die Duitse koloniale tyd na Botswana gevlug het en hulle daar gevestig het.
Hy sê die regering van Botswana het reeds toestemming verleen dat die mense met hul vee na Namibië kan terugkeer, maar Namibië se regering swyg soos die graf oor die lot van hierdie mense.
“Ek word gedurig gevra oor wat van hierdie mense gaan word, maar ek kry geen antwoorde van die regering nie. Dit wil voorkom of die regering van Botswana beter begrip vir hierdie mense se omstandighede as Namibië se regering het,” het Kazenambo in ‘n gesamentlike onderhoud met Republikein en Namibian Sun gesê.
Hy beskuldig die regering daarvan dat hulle “min” of “niks” vir hierdie mense omgee nie en vra dat die regering ‘n gesant na Botswana stuur om regstreeks met die betrokke Herero’s in gesprek te tree en die regering se standpunt te verduidelik.
Hy is ook nie tevrede met die manier waarop die regering die kwessie van die volksmoord en voorvaderlike grond behartig nie.
Volgens hom het die regering reeds antwoorde van die Duitse regering op Namibië se aanvanklike dossier oor die volksmoord ontvang, maar dit nog nie met die geraakte gemeenskappe of die Namibiese volk gedeel nie.
As lid van Swapo se politburo en sentrale komitee is hy ingelig dat die antwoorde van Duitsland reeds ontvang is.
Volgens die inligting wat wel tot sy beskikking is, sê Kazenambo Duitsland het ‘n probleem met die woord “volksmoord” en verkies dat die woord “gruwels” gebruik word.
Duitsland wil ook nie enige verwysings na “reparasies” aanvaar nie en maak melding van die spesiale fonds wat op die been gebring is om geraakte gemeenskappe te help. Voorts voer hy aan Berlyn sal verkies om regstreeks met die geraakte gemeenskappe te onderhandel, eerder as met die regeringskomitee.
“Daar was nooit ‘n openbare verhoor oor die aangeleentheid nie. Diegene in die diaspora is nie betrek nie,” het Kazenambo gesê.
Hy wys ook op foute in die Namibiese dossier wat deur die onderhandelingskomitee aan Duitsland oorhandig is. Hy sê in die koloniale tyd was daar drie konsentrasiekampe, een in Windhoek, een op Swakopmund en op Shark-eiland, en nie soos die dossier sê onder meer op Karibib en Waterberg nie. Daar was wel ‘n gevangenis op Karibib.
“Wanneer die Duitsers die verslag bestudeer, sal hulle sê Namibië lieg.”
Kazenambo verstaan ook nie hoe die regering van buitelandse regsgeleerdes gebruik kon maak om advies oor die aangeleentheid in te win en meer as N$40 miljoen vir hul dienste kon betaal nie.
“Ons het Herero- en Nama-geskiedkundiges en regsgeleerdes, selfs Duitse regsgeleerdes soos (mnr. Peter) Koep en (mnr. Hartmut) Ruppel, ons het vir (mnr. Norman) Tjombe en die regshulpsentrum. Ons voorvaders draai in hul grafte om,” het Kazenambo gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie