Volksmoord: Regskoste bevraagteken
Die Swanu-verteenwoordiger in die Nasionale Vergadering sê daar is heelwat onbeantwoorde vrae oor die koste van regsgeleerdes wat by die volksmoordonderhandelinge betrek is.
Estelle de Bruyn - Kwessies soos waarde vir geld en of daar alternatiewe maniere vir die regering was om regsmenings oor sake rakende die onderhandelinge met die Duitse regering oor die volksmoord van 1904 - 1908 in te win, is Dinsdag deur die Swanu-lid van die Nasionale Vergadering (NV), mnr. Usutuaije Maamberua, geopper.
Hy het 'n mosie in die verband in die NV gemotiveer wat hoofsaaklik handel oor die miljoene dollar wat vir regskoste deur die kantoor van die prokureur-generaal aangegaan is.
Maamberua het onder meer op die belangrike rol van die Verenigde Nasies (VN) gewys, wat nie geraadpleeg is nie, en ook nie die Internasionale Regskommissie nie. Hy het voorbeelde genoem van verskeie tribunale oor volksmoorde wat in die verlede deur die VN bygestaan is om dit te ondersoek, soos dié oor die voormalige Joego-Slawië, Rwanda, Kambodja, Sierra Leone en selfs die Nuremberg- en Tokio-verhore oor oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom tydens die Tweede Wêreldoorlog.
Hierbenewens sou die Wêreldhof en die VN se kantoor vir die voorkoming van volksmoord ook geraadpleeg kon word.
Hy het op pres. Hage Geingob se antwoord op 'n vraag na die staatsrede vroeër vanjaar gewys waarin Geingob aangedui het dat die VN genader is om te help met die eis van N$400 miljard wat Namibië vir reparasies vir die volksmoord eis.
Maamberua vra watter waarde die buitelandse regspan se regsadvies het, nadat Namibië se spesiale gesant, dr. Zed Ngavirue, reeds in Julie 2016 Namibië se standpuntdokumente aan die Duitse owerhede oorhandig het.
“Dit wil voorkom asof die regsnavorsing was om vas te stel of Namibië 'n saak het om reparasies van Duitsland te eis, maar dat dit N$36 miljoen gekos het. Wat sou dit belastingbetalers teen hierdie tempo kos as ons besluit om te dagvaar?” wou Maamberua weet.
Hy meen 'n parlementêre portefeuljekomitee sal kan vasstel of dit waarde vir geld of 'n vermorsing van geld was.
Maamberua wil ook weet wie toestemming vir die uitgawe gegee het. “Het die prokureur-generaal met hierdie projek begin sonder toestemming van die kabinet of die kabinetskomitee belas met volksmoordonderhandelinge?” het hy gevra.
Hy wil ook weet of openbare verkryging-prosesse gevolg is toe die regslui aangestel is en of aan die wet op staatsfinansies voldoen is. “Indien die betaling onder die jaarlikse tender of die kantoor van die prokureur-generaal gedoen is, hoekom is dit die enigste item onder 'maatskaplike toelae' - N$36 miljoen in die 2017/2018-begroting en niks daarvoor of daarna nie?”
Verskeie lede uit opposisiegeledere het die mosie gesteun, maar die adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, het nie saamgestem nie.
Sy sê 'n lang debat is reeds oor die volksmoord in die NV gevoer en 'n mosie is aanvaar om dit in die hande van die regering te laat. Dit het die regering gedoen en 'n komitee aangestel waarvan die voorsitter die visepresident en sy 'n lid van is. “Ons het nog nie 'n totale ooreenkoms bereik nie, maar ons het ook nie 'n dooie punt bereik nie,” het sy gesê.
“Ons het meer tyd nodig vir ons mense om die verskoning te aanvaar en vir die reparasie wat Duitsland moet betaal.”
Sy sê almal besef 'n volksmoord het plaasgevind en dat Namibië 'n verskoning wil hê wat vir die geraakte gemeenskappe aanvaarbaar is, asook reparasies vir die geraakte gemeenskappe.
“Ons is opreg in die begeerte om 'n aanvaarbare oplossing vir ons mense te vind. Ons het Duitsland in kennis gestel dat ons sal voortgaan met onderhandelinge.
“In die lig van hierdie samesprekings glo ons nie dit is 'n goeie ding om nou voort te gaan met die aksie wat voorgestel word nie,” het sy met verwysing na die parlementêre portefeuljekomitee gesê.
Die prokureur-generaal, mnr. Sacky Shanghala, het op sy beurt gesê hy is lank genoeg in die NV om die karakters te ken en het reeds herhaaldelik op al die vrae geantwoord. “Dit raak nou 'n kwessie om te probeer wys wie nou eintlik meer vir die geraakte gemeenskappe omgee. Dit sal nie goed vir ons onderhandelinge wees om hierdie debat voor die TV-kameras te laat afspeel nie,” het hy gesê.
Volgens Shanghala is van die vrae waarop antwoorde gesoek is, onder meer: “Wat beteken 'n volksmoord? Wat is 'n verskoning en waarvoor moet verskoning gevra word - net vir die uitwissingsbevel of ook vir ander dade?”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie