Volksmoord-regskostes lig nóg wenkbroue
Die debat oor miljoene dollar wat aan buitelandse regsgeleerdes betaal is, is in die Nasionale Vergadering voortgesit.
Estelle de Bruyn - Dieselfde span regsgeleerdes wat N$36 miljoen betaal is vir regsadvies oor die Herero-Nama-volksmoord is glo nagenoeg N$12 miljoen betaal om Air Namibia van regsadvies te bedien.
Dít volgens mnr. McHenry Venaani, DTA-president, Dinsdag in die Nasionale Vergadering (NV) tydens 'n debat oor die aangeleentheid.
Venaani sê hy het reeds tydens die begrotingsdebat heelwat vrae oor die betrokke regsgeleerdes gevra toe die begrotingspos van die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking onder bespreking was.
Venaani, wat die regsgeleerdes se curricula vitae bestudeer het, sê hulle is nie internasionale regskenners nie, maar eerder kenners van eiendomsreg en ander regsvelde.
Voorts het die DTA omvattende navorsing gedoen oor die aangesteldes en het selfs tot in Engeland ondersoek ingestel.
Een van die regsgeleerdes het haar registrasie by die Britse balie in 2012 ingetrek.
Die Namibiër wat in die buiteland werksaam is, is 'n voormalige werknemer van die Namibiese ambassade in Londen.
Daar is ook verwarring oor aan watter onderneming of maatskappy die betrokke regsverteenwoordiger verbonde is.
Die adres wat sy aan die prokureur-generaal, mnr. Sacky Shanghala, as haar werksplek gegee het, is dié van ’n woonstelblok in ’n woonbuurt.
"Ons praat van ernstige sake en die gevolge van die volksmoord. Hoe kan ons mense aanstel wat kantore vanuit hul slaapkamer bedryf?" wou Venaani weet.
Hy sê ook regskoste is nie die enigste kwessie nie.
Koste hou verband met die hoeveelheid werk wat gedoen is.
Hy sê hy is nie ingelig oor die advies wat aan die prokureur-generaal gegee is nie en kan hom dus nie hieroor uitspreek nie.
Tog meen hy die internasionale regsgeleerdes dra nie indieptekennis van die volksmoord van 1904 tot 1908 en die gevolge daarvan vir die nageslagte van slagoffers nie.
Venaani sê dit wil voorkom of daar geen korporatiewe bestuur meer in regeringsgeledere is nie. As voorbeelde is die SME Bank en Air Namibia genoem.
Venaani sê hy kan nie verstaan hoe dieselfde span regsgeleerdes deur die regering betaal is om oor die volksmoord én oor Air Namibia advies te gee nie.
Die speaker het gesê gewoonlik word die kantoor van die Statebond gekontak om geskikte regslui aan te beveel wat kenners op spesifieke gebiede is.
Hy wou weet of dit in hierdie geval gedoen is, waarop Venaani geantwoord het dit is nie.
Venaani sê die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het Namibiërs in die steek gelaat.
Volgens hom sal die ACC redeneer omdat dienste gelewer is en die regsgeleerdes daarvoor vergoed is, het geen korrupsie plaasgevind nie.
Venaani sê egter die ACC het ook 'n morele plig om ondersoek in te stel na die agtergrond en kundigheid van die regsgeleerdes. Die debat duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie