Volksmoord steeds 'n werklikheid, maan VN
Volksmoord steeds 'n werklikheid, maan VN

Volksmoord steeds 'n werklikheid, maan VN

Ronelle Rademeyer
Die Verenigde Nasies (VN) herdenk vanjaar 70 jaar sedert sy konvensie oor die voorkoming van en straf vir volksmoordvergrype, en tóg het 45 lidlande dit nog nie bekragtig nie.

Die Volksmoord-konvensie was die eerste menseregteverdrag wat deur die VN se algemene vergadering op 9 Desember 1948 aanvaar is – net drie jaar ná die totstandkoming van hierdie wêreldliggaam.

Mnr. Adama Dieng, die VN se spesiale raadgewer vir die voorkoming van volksmoord, sê in 'n verklaring die wêreld kon sewe dekades later nog nie daarin slaag om volksmoord heeltemal uit te wis nie, al is groot vordering gemaak.

“Internasionale misdade, insluitend volksmoord, is 'n nare werklikheid wat deur baie bevolkings dwarsoor die wêreld in die gesig gestaar word.

Ons ken die gevaartekens en ons weet hoe om hierdie misdrywe te voorkom, maar ons slaag dikwels nie daarin om dit betyds te doen of om hoegenaamd op te tree nie,” sê Dieng.



TEIKEN IDENTITEIT

Hy sê in die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Irak, Mianmar, Suid-Soedan, Sirië en baie ander lande word mense weens hul identiteit geteiken – hetsy dit op grond van hul godsdiens, kultuur of eiesoortige fisieke karaktereienskappe is.

“Ons het ook nie daarin geslaag om suksesvol in voorkoming te belê en om die nodige veerkragtigheid te ontwikkel om betyds stappe te doen as ons die gevaartekens sien nie.“Dit feit dat ons nog nie daarin kon slaag om volksmoord uit te wis nie, is nie omdat die Volksmoord-konvensie foutief is nie, maar omdat die potensiaal daarvan nie volledig wasdom bereik het nie,” sê hy.

Volgens Dieng is daar steeds lid­lande wat die konvensie nog nie ­bekragtig het nie.

Altesaam 45 lande, waarvan 20 in Afrika is, het dit nog nie gedoen nie

Dieng sê universele bekragtiging is noodsaaklik om te toon die wêreld sal nie volksmoorde duld nie en geen volk of groep diskriminasie, vervolging en geweld hoef te vrees nie.

Hy het 'n beroep op lidlande gedoen wat nog nie die ­konvensie bekragtig het nie, om die nodige stappe daarvoor te doen vóór die wêreld op 9 Desember vanjaar die 70ste herdenking daarvan vier.

Volgens hierdie konvensie is dit 'n misdaad om 'n nasionale, etniese, kulturele, godsdienstige of rasse­groep, of mense binne daardie groep, te benadeel. Dit behels vyf dade naamlik moord, fisieke of geestelike geweld of optrede wat hul vermoë om kinders te hê en die groep se voortbestaan te verseker, belemmer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!