Volksmoorde spook steeds
Menseslagtings en die behoefte aan genesing was gister tydens 'n paneelbespreking in Windhoek in die soeklig.
Denver Kisting
Mense wat eis die Namas en Herero's moet aanbeweeg omdat die menseslagting 100 jaar gelede gebeur het, sit die pot mis.
Dieselfde geld vir mense wat wonder waaroor die bohaai gaan.
Só meen me. Kaambenda Veii, direkteur van die pasgestigte Riruako-sentrum vir Volksmoord- en Geheuestudies.
“Ek kan nie aanbeweeg nie, omdat niks gedoen is om die situasie reg te stel nie,” sê sy.
Gister tydens 'n paneelbespreking in Windhoek het sy gesê: “Namibië is nie 'n maklike land nie. Ons kom uit 'n stukkende verlede.”
Die enigste weg vorentoe is om 'n gemeenskaplike veilige ruimte te vind waarin almal ingesluit is, sê sy.
Die LP en voorsitter van die tegniese komitee oor Nama-volksmoord, me. Ida Hoffmann, gee haar gelyk.
'n Goeie begin sou wees om die gebeure van 1904 wel as 'n volksmoord te erken, sê sy.
Prof. André du Pisani, politieke ontleder en dosent, sê egter dit is nie voldoende om net op die verlede te fokus nie.
Die adjunkvisekanselier van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), dr. Andrew Niikondo, sê dit is belangrik om te onthou waaroor die stryd om vryheid voor onafhanklikwording gehandel het.
“Ons het vir een Namibië geveg. Ons het nie vir 'n verdeelde Namibië geveg nie.”
Dr. Jeremy Silvester, 'n historikus, het gesê weergawes van die geskiedenis is baie magtig.
“Ons neem ons besluite geskoei op opvattings van wat in die verlede gebeur het,” het hy gesê.
Die tema “om die identiteit van 'n post-konfliksamelewing te herbou”, lê haar baie na aan die hart, sê me. Jeannette Kagame, die Rwandese eerste dame.
Dít is die reis wat Rwanda moes begin ná die slagting van die Tutsi's in daardie land in 1994, sê sy.
Sy sê haar land se donker verlede – soos dié van die meeste Afrikalande wat konflik ervaar het – het 'n ewe donker swakplek van verdeling, haat en geweld gehad.
“Deur slegte leierskap en die politiek van haat is die harte en verstande van Rwandese gemanipuleer deur 'n postkoloniale regerende elite – slegs om aan mag vir hulleself vas te hou,” het sy gesê.
Kagame was die hoofspreker by die #BeFree-nasieboubeen van haar Namibiese eweknie, me. Monica Geingos.
'Kunsmatige skeiding'
Volgens Kagame het die verdelende politiek in haar land gelei tot 'n kunsmatige skeiding tussen mense ondanks een gemeenskaplike taal, een geloof en geen grense wat die etniese groepe van mekaar skei nie.
Die gevolg hiervan was families, bure en vriende het vyande van mekaar geword, het sy gesê.
“Ma's het hul kinders vermoor wat uit inter-etniese huwelike gebore is.”
Ongekende vlakke van onheil het haar land in Julie 1994 getref, het sy gistermiddag in Windhoek gedeel.
Ongeveer 100 000 vroue het ten prooi geval van massaverkragtings as deel van 'n wydverspreide poging om die MI-virus aan hulle oor te dra.
Hiernaas is 1 miljoen mans, vroue en kinders binne net 100 dae afgemaai.
So lyk die hede
Kagame het sê 'n kwarteeu later sukkel Rwanda steeds met heling.
“Ons is nog op soek na interne en gesamentlike vrede. Ons soek nog na dialoog as 'n vaartuig vir nasionale eenheid en versoening; as 'n maatstaf om volhoubare nasionale ontwikkeling te verseker.”
Dít, sê sy, is die enigste manier om die vrugte wat die pogings tot dusver afgewerp het, te bly pluk.
'n Student in die gehoor het sy skok uitgespreek oor die gebrek aan jongmense op die paneel.
Hy wou eweneens weet hoe die vasteland teen 'n nuwe volksmoord gaan waak – veral met die oog op wat tans in Zimbabwe gebeur.
Volgens hom het min gebeur onder pres. Hage Geingob se voorsitterskap van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) wat die krisis in Zimbabwe betref.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie