Volksmoordgesprekke: Lutherane toon solidariteit
Die Lutherse Wêreldfederasie (LWF) het resolusies oor die koloniale volksmoord aanvaar.
Estelle de Bruyn - Tydens die 12de algemene vergadering van die Lutherse Wêreldfederasie (LWF), wat die afgelope week in Windhoek aangebied is en met die 500ste herdenking van die kerkhervorming saamval, is solidariteit met die lot van nasate van die slagoffers van die Duitse koloniale volksmoord betuig.
Die algemene vergadering het resolusies in die verband aanvaar en hul vreugde oor die pad van bevryding en onafhanklikwording wat Namibië gestap het, uitgespreek.
“Die LWF is nederig oor die erkenning van sy bydraes tot hierdie pad deur die ondersteuning en solidariteit wat betoon is. Hierdie samehorigheidsgevoel gaan vandag voort,” lui 'n verklaring deur die LWF.
Die organisasie sê voorts hulle het bewus geword van die pynlike geskiedkundige gebeure wat steeds die herinneringe van Namibiërs vertroebel.
“Die lot van die Herero, Nama en ander inheemse bevolkingsgroepe onder die heerskappy van die Duitse koloniale magte aan die begin van die 20ste eeu veroorsaak vandag steeds vir Namibiërs én Duitsers pyn.
“Die LWF is bewus van soortgelyke omstandighede elders in die wêreld en dat pynlike herinneringe nie weggaan tot die kwessie aangespreek is nie. Slegs wanneer die waarheid uitkom en geregtigheid gesoek word, kan ware versoening plaasvind.
“Ons is verheug om kennis te neem daarvan dat die Namibiese en Duitse regerings hierdie pyn aanspreek en verbind is tot 'n proses om die waarheid te praat en geregtigheid te laat geskied.
“Ons is dankbaar oor die rol wat die kerke en burgerlike gemeenskapsgroepe speel in die bevordering van versoening en heling,” sê die LWF in sy resolusies.
Saam met die lidkerke in Namibië besef die LWF die uniekheid van hierdie spesifieke proses.
“Namibiërs en Duitsers moet deur hul proses van dialoog identifiseer en ooreenkom hoe die geskiedenis vertel moet word en hoe geregtigheid bevorder kan word. Tesame met die aanmoediging van Namibiërs en Duitsers om die proses van dialoog verder te voer, is die LWF daartoe verbind om eensgesindheid en ondersteuning te bied, indien dit deur ons onderskeie takke gevra word. As 'n gemeenskap met 'n passie vir geregtigheid, vrede en versoening, is die proses tussen Namibiërs en Duitsers die fokus van die kerk se roeping,” sê die LWF.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie