Volop o.20-talent in Thompson se groep

Rugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die Namibiese onder 20-rugbyspan sal vanaf 19 tot 22 April vanjaar na Madagaskar reis om sy titel as kampioen van die Konfederasie van Afrika-rugby (KAR) te verdedig.

Afrigter Roger Thompson se jongmanne behoort relatief min moeite te ondervind om hul stempel op hierdie toernooi af te druk. Namibië se junior strukture lewer eenvoudig soveel puik talent op dat hy altyd die gunsteling teen Zimbabwe, Kenia en die res van die vasteland moet wees.

Die groter uitdaging wag gedurende Augustus en September by die Wêreldrugby Junior Trofee-toernooi wat in Uruguay aangebied word. Geen maklike wedstryd bestaan by hierdie jaarlikse toernooi met ontluikende nasies van elke vasteland nie. Thompson-hulle het verlede jaar hul beste eindposisie nóg (vierde) behaal toe Fidji in die laaste uiitspeelwedstryd die oorhand gekry het.

Ná die onlangse proewe in Windhoek het die Namibië Rugby-unie gister die volgende oefengroep van 50 spelers aangewys:

Stutte (5): Dillon Skoppelitus (Universiteit van Wes-Kaap), André Rademeyer (WP Rugby-akademie), Marino Goagoseb (Unam), Sam Kuvare (NRU Akademie), Nelius Theron (NRU Akademie).

Hakers (4): Darius von Solms (Pukke), Christo Pienaar (Pukke), Jeandre Cloete (Reho Falcon), Norman Erasmus (West Coast Sharks).

Slotte (7): Le Beau du Preez (Pukke), Adriaan Ludick (Paarl Gimnasium), Rainer Augustyn (Maties), Lizandro Vos (Blou Bulle), Eric de Scande (NRU Akademie), Armand Kotze (NRU Akademie), Diamando Tjombe (NRU Akademie).

Losvoorspelers (9): Prince Goagoseb (Blou Bulle), Pieter Diergaardt (Blou Bulle), Llewellyn Johr (NRU Akademie), Tjingari (TK) Katjivi (Western Suburbs), Riaan de Klerk (Walvisbaai rugbyklub), Driaan Vorster (NRU Akademie), Mattias Titus (NRU Akademie), Jarren Koning (Rehoboth rugbyklub), Realdo Rittman (Windhoek Gimnasium).

Skrumskakels (7): Wihan von Wielligh (Pukke), Armando van Wyk (Pukke), Hanreco van Zyl (Boland), Jay-C Olivier (Blou Bulle), Handre Klazinga (WHS), Cameron Stevens (Kudus), Morenzel Strauss (United).

Losskakels (3): Cliven Loubser (Sharks rugby-akademie), Ulriato Lawrence (Kudus), Dylan Isaaks (Western Suburbs).

Senters (7): Tristan Mouton (Universiteit van Wes-Kaap), Brandon Groenewald (Universiteit van Wes-Kaap), Georg Niehaus (Pukke), Danco Burger (Pukke), Corné Tripodi (Pukke), Chrischen Olivier (UJ), Allister Miller (NRU Akademie).

Vleuels (5): Luke Jansen (Blou Bulle), Collins Omalu (Western Suburbs), Rudi Pretorius (NRU Akademie), Ronaldo Diergaardt (Namib High), Nico Maartens (Elnatan).

Heelagters (3): Chad Plato (Blou Bulle), Romanzo Lento (Unam), Mitchell Kotzee (NRU Akademie).

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer