Voëls hoort nie in koue nie
En ek praat nie van dié met vlerke nie.
Ek praat van mense.
Ek het onlangs die voorreg gehad om die Afrikaanse fliek Kanarie te sien, en ek kan eerlik sê ek is baie meer as net aangenaam verras.
En ja, ek skaam my oor my verwagtinge van die Afrikaanse fliekbedryf so laag was. In die verlede was Afrikaanse flieks regtig nie my ding nie, om twee redes hoofsaaklik: Die ewige swartgallige element wat met slagofferskap gepaard gaan, en die komplimentêre geestesversteurde of verstandelik gestremde outjie op die dorp.
Hoekom moet die Afrikaner altyd die dom, depressed of tragiese karakter wees?
Dis hoekom Kanarie so uiters verfissend is, al is dit ook uiters intens.
Maar eers meer oor die storie:
Dit speel in die tagtigs af in die tyd van bubble skirts, Boy George, Lesley Rae Downing, Depeche Mode en Queen, geteasde en gepermde hare en groot plastiekoorbelle.
En apartheid. En die army. En die veiligheidspolisie. En die noodtoestand.
En toe dit, soos skandelik vandag nog in Namibië, nie oukei was om gay te wees nie.
Toe die SA Grondwet nog nie diskriminasie teen mense op grond van hul seksuele oriëntasie ongrondwetlik verklaar het nie. Toe selfdegeslaghuwelike nog onwettig was.
Toe die gay ouens in die army gemolesteer, aangerand en ge-“moffie” is.
Die fliek se uitbeelding van hoe skreiend alledaags hierdie geboelie was, het my só in die maag geskop, dat ek nie sommer weer dieselfde sal wees nie.
Want, hoewel ek heeltemal bewus is van die vieslike gedrag wat mense steeds teenoor gay mense openbaar, was ek nie in die army nie.
Die ouens in my matriekgroep was van die laastes wat nog moes army toe voor die ANC ontban is, Mandela aan bewind gekom het en verpligte diensplig nie meer ’n ding was nie.
Wat dinge nog soveel werkliker maak, is dat die hoofkarakter nie eers heeltemal weet hy is gay nie.
Want dít is wat gebeur as daar goed in die samelewing is waaroor mense net te bang is om oor te praat.
Of wanneer onkundige, emosioneel onvolwasse en moreel vertraagde mense ander mense boelie.
Ons oë is ook nie altyd oop vir ander mense se stryd om aanvaarding nie. Ons weet nie alttyd hoe dit voel nie.
Vir dié van ons wat straight is, is dit vanselfsprekend om seksuele opmerkings en seksgrappies te maak, want dit word aanvaar.
Maar as jy gay was in die tagtigs in Suid-Afrika, en jy probeer seksuele opmerkings of grappies maak, is jy gemoer.
Soms word jy vandag ook sommer gemoer.
Die vervaardigers, regisseur, skrywers en die hele produksiespan van dié kragtoerfliek verdien super spesiale vermelding. Ek is só beïndruk met Suid-Afrika se nuwe generasie fliekmakers ek kan doodgaan.
Hulle tiptoe nie om ongemaklike kwessies nie, en selfs volle manlike naaktheid freak hulle nie uit nie en laat niemand opgooi nie.
Die fliek is boonop vol humor, dwarsdeur al die pyn.
Die hoofkarakter se totale laagtepunt is so uitgebeeld dat hy steeds nie heeltemal ’n slagoffer is nie. Hy ís net.
En hy kan steeds lag.
Sy lewe is nie ’n voortdurende gewroeg nie – daar is ook oomblikke van liefde, vreugde en holle skeur.
Wat my die meeste verbyster ná ek Kanarie gesien het, is die besef dat Namibië steeds daar is waar die fliek is – in die moreel onvolwasse tagtigs.
Hoekom erken die Grondwet in 2020 steeds nie selfdegeslaghuwelike nie, en hoekom verbied dit nie diskriminasie van enige aard teen mense van verskillende seksuele oriëntasies nie?
Hoe kán ons so agter wees?
Hoe kán jy beweer jy’s ’n liefdevolle mens, maar daar is steeds jong seuns wat hulle foto’tjie van Boy George in hulle Bybel moet wegsteek?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie