Voëltjie meld aan vir vakansie in Lüderitz
Tanja Bause – KJ6, die grootsterretjie en gereelde besoeker van Noordelike Europa, is weer in Grossebucht in Lüderitz gesien. Volgens Jean-Paul le Roux van Lüderitz Marine Research het KJ6 reeds talle kere in Lüderitz en Grossebucht besoek afgelê.
“Hierdie voël is in Junie 2016 as 'n broeiende volwassene in Noord-Engeland in Norfolk bering. In Februarie 2018 is hy die eerste keer in Grossebucht opgemerk en toe weer in Desember van dieselfde jaar.”
Tussen April en Mei 2019 is hy talle kere in noordelike Europa (spesifiek in die Verenigde Koninkryk en Nederland) gesien voordat hy in Desember terug in Grossebucht was. Hier is hy elf keer gesien totdat hy in Februarie 2020 weer die pad na Europa aangepak het vir die broeiseisoen.
Le Roux sê: “Ons het hom sewe dae gelede weer vir die eerste keer in Grossebucht, sy gunsteling vakansieplek, gesien. Hy is 39 dae tevore laaste naby Rotterdam in Nederland gesien. Dis meer as 10 000 kilometer weg. Net omdat hy die laaste keer op 5 September gesien is en op 14 Oktober weer gesien is, beteken dit nie dit was sy vertrek- en aankomsdatums nie. Miskien is hy al 'n week of twee hier en ons het hom net nie gesien nie. Ons probeer altyd om grootsterretjies, veral dié met ringe aan, te identifiseer, maar soms is dit moeilik as hulle ver weg is of in groot groepe beweeg.
“Ons produktiewe mariene ekosisteem ondersteun nie net al ons plaaslike spesies (van plankton, tot visse, mariene soogdiere en seevoëls) nie, maar is ook van onskatbare waarde vir vele migrerende spesies van Antarktika na Noord-Europa, soos grootsterretjies.”
Grootsterretjies broei vanaf Wes-Europa tot by die Kaspiese See en Noord-Amerika.
In die nie-broeiseisoen trek hulle suidwaarts na Suid-Amerika, die Arabiese See en die kus van Afrika. Hulle kom algemeen langs die kuslyn van Suider-Afrika voor, veral in Namibië en westelike Suid-Afrika, en verkies gewoonlik sanderige en rotsagtige strande.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie