Von Prittwitz, Du Pisani oorheers parespel

Gholf
Die Namibiese Gholffederasie se gesogte Parespel-toernooi is laas Saterdag en Sondag by die Windhoek Buiteklub-gholfbaan gehou.

Die parespeltoernooi is die Gholffederasie se enigste jaarlikse kompetisie op sy kalender.

Namens Safety Kit het mnr. Ernst Calitz sy trots uitgespreek om vir die tiende opeenvolgende jaar die toernooi se borg te wees.

Die kompetisie is oor 54 putjies beslis – die eerste ronde beterbal, die volgende 18 putjies vierspel en die laaste ronde ’n gekombineerde formaat.

Altesame 32 spanne het deelgeneem. Wanneer deur die uitslae gekyk word, moet in ag geneem word dat geen span twee pryse kon wen nie.

Die Buiteklub se baan het danksy die onlangse reën baie goed herstel ná die ramp met watertoevoer aan die einde van verlede jaar. Die organiseerders bedank die baanopsigters vir die goed voorbereide baan.

Die gholfkomitee was vooraf bekommerd dat die geleentheid dalk kon uitreën. Sommige belangstellende spelers wat ver van Windhoek woon, het besluit om nie die waagstuk aan te gaan om die reis aan te pak nie.

Die algehele wenspan met die beste bruto-telling was Moritz von Prittwitz en Zillan du Pisani. Die beste netto-telling is deur Toady Gurirab en Borris Erasmus opgestel.

Die voorste uitslae was soos volg:

Beste bruto (algehele wenspan): 1 Moritz von Prittwitz en Zillan du Pisani (288). 2 Kevin Wentzel en Douw van Wyk (310). 3 Todd Parker en Jonathan Clark (317)

Beste netto: 1 Borris Erasmus en Toady Gurirab (275). 2 Wessel Louw en Terus Burger (285). 3 Corneels Jafta en Miguel Tordesillas (290).

Beterball beste netto: Jan van Wyk en George Vink (65 uittel).

Vierspel beste netto: Frans Katjimune en Joseph Martin (70).

Gekombineerde formaat, beste netto: John Goagoseb en Sakkie Matheus (148).

Pryse vir houe naaste aan die pen: John Goagoseb (putjie 3), Trevor Mills (putjie 9), Likius Nande (putjie 13) en Sakkie Matheus (putjie 17).

Die langste dryfhou by die tweede putjie is deur Likius Nande geslaan. Nog drie gelukspryse is ook uitgedeel.

Die klubkaptein het alle deelnemers vir hul ondersteuning bedank, vernaam diegene wat van ver gereis het.

• Komende Saterdag bied die Buiteklub die eerste van vier kwalifiserende toernooie vir die Windhoek Lager Internasionale Parespel aan.

FOTO’s VERSKAF

Moritz von Prittwitz en Zillan du Pisani saam met die Buiteklub se klubkaptein, mnr. Gustav Jung.

Kevin Wentzel en Douw van Wyk was tweede beste van die bruto totale.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!