Vonnis teen minnaar opgelu00ea
Vonnis teen minnaar opgelu00ea

Vonnis teen minnaar opgelê

Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Die man wat sy meisie in ’n vlaag van jaloesie en na bewering uit noodweer doodgeslaan is, is gister in die hoërhof gevonnis.
Regter Alfred Siboleka het die 41-jarige beskuldigde, Otto Angula, gister vir agt jaar tronk toe gestuur. Angula is op 12 Mei vanjaar vrygespreek van moord en skuldig bevind op ’n klag van strafbare manslag.
Siboleka het Angula se bewering aanvaar dat hy uit noodweer opgetree het. Hy het sy voormalige meisie, Martha Nakale (32) op 22 November 2012 oor die kop gelaan met ’n stuk afvalmetaal by ’n stortingsterrein by Walvisbaai waar hulle beide gewerk het.
Na bewering was Angula woedend vir sy meisie toe sy die oggend van die moord aan hom vertel het dat sy ’n wonderlike en bevredigende nag met ’n ander man deurgebring het. Die beskuldigde het die armbande en halsnoer teruggeëis wat hy vir haar gekoop het en wat sy daardie dag gedra het. ’n Struweling het ontstaan en hulle het mekaar gegryp en rondgepluk. Die oorledene het die hulp van ene Aina Sesitenus ingeroep wat aangehardloop gekom het. Uit vrees vir Aina met wie die be­skuldigde ’n vorige onderonsie gehad het, het hy toe na bewering vir Nakale geslaan net om weg te kom.
Alhoewel Siboleka bevind het dat Angula Nakale uit noodweer geslaan het, het hy ook bevind dat hy die perke daarvan oorskry het toe hy Nakale ’n verdere hou toegedien het toe sy alreeds op die grond gelê het. As gevolg van daardie aksie het die regter bevind dat Angula weens nalatigheid die dood van Nakale veroorsaak het.
In sy vonnisoplegging het Siboleka genoem dat die beskuldigde berou getoon het oor sy daad en dat hy die oorledene nie met opset vermoor het nie. Siboleka het egter ook gesê dat moord op iemand met wie die persoon in ’n romantiese verhouding betrokke is, in ’n baie ernstige lig beskou word en dat die beskerming van vroue met vonnisoplegging in oorweging geneem moet word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!