Voorkom sewe miljoen sterftes
Hartsiektes, diabetes en kanker veroorsaak tans wêreldwyd sewe uit elke tien sterftes.
Henriette Lamprecht
Sowat sewe miljoen sterftes kan teen 2030 verhoed word as lae- en middelinkomstelande ’n bykomende belegging van minder as een Amerikaanse dollar per persoon per jaar in die behandeling en voorkoming van nie-oordraagbare siektes (NCD’s) maak.
Die siektes sluit hartsiektes, diabetes, kanker en respiratoriese siektes in wat tans sewe uit elke tien sterftes in die wêreld veroorsaak.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se jongste verslag oor NCD’s kom 85% van vroeë sterftes as gevolg van NCD’s tussen die ouderdomme van 30 tot 69 jaar in lae- en middelinkomstelande voor.
Volgens die verslag kan die meerderheid van dié sterftes deur ingrypings voorkom word. Dit sluit in kostedoeltreffende maatreëls om tabakgebruik en die skadelike gebruik van alkohol te verminder, verbeterde diëte, verhoogde fisieke aktiwiteit, die voorkoming van servikale kanker, asook die vermindering van die risiko vir hartsiektes en diabetes.
Die verslag beklemtoon om mense gesond te hou, verminder gesondheidskoste, verhoog produktiwiteit en lei tot langer, gesonde lewens. Saving lives, spending less: the case for investing in noncommunicable diseases fokus op 76 lae- en middelinkomstelande en toon dat ’n belegging in ingrypings in dié lande teen 2030 dividende van tot US$230 miljard kan genereer.
Volgens die WHO se direkteur-generaal, dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, sal NCD’s sonder enige ingryping aanhou om ’n beduidende bedreiging vir globale gesondheid te wees. Hy het beklemtoon deur in die regte beleidsrigtings te belê, is ’n belegging in ’n gesonde toekoms.
“NCD’s eis ’n verskriklike ekonomiese en gesondheidstol, veral op lande wat dit die minste kan bekostig,” sê die WHO se globale ambassadeur vir NCD’s en beserings, Michael R. Bloomberg.
“Ons ken die voorkomingsmaatreëls wat die beste werk. Hopelik kan die nuwe verslag meer regerings help om slim, kostedoeltreffende stappe te neem wat miljoene lewens oraloor in die wêreld kan red,” het hy gesê.
Moontlike ingrypings sluit gesondheidsbelasting, beperkings op die bemarking en verkope van skadelike produkte, inligting en opvoeding, sowel as immunisering in.
Die verslag beklemtoon die ingrypings is relatief goedkoop en vereis min kapitale belegging, maar kan help om die meeste van die hoë koste van behandeling in die toekoms te verminder.
Met veral gemarginaliseerde groepe wat dikwels ’n groter risiko vir die finansiële en fisiese impak van NCD’s het, sê die verslag die ingrypings kan ook help om gesondheids- en ekonomiese ongelykhede te verminder.
“Die verslag stippel ’n pad uit wat lande kan volg om vir die volgende generasie ’n beter en gesonder wêreld te gee. Die impak van Covid-19 op mense wat met hartsiektes, diabetes, kanker en longsiektes saamleef, wys dis nou belangriker as ooit om in die voorkoming en bestuur van NCD’s te belê,” sê dr. Bente Mikkelsen, direkteur van NCD’s by die WHO.
“In ’n wêreld waar finansiële hulpbronne toenemend beperk word, wys die verslag waar die beste beleggings gemaak kan word en waar miljoene mense se lewens gered kan word.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie