Voorlopers in reeks draai die skroef stywer
Padfietsry
Die manspan van Team Kia Elite het op sy voorsprong voortgebou toe hy Sondag die vierde byeenkoms in die spantydtoetsreeks van Nedbank en Windhoek Pedal Power beklink het.
Oor die afstand van 44 kilometer wat by Carinpark by Brakwater begin en geëindig het, was elke span se mikpunt opnuut om sy eerste drie ryers so haastig as moontlik oor die eindstreep te kry. Die derde ryer se eindtyd word vir die span aangeteken.
Die tema van die reeks is dus spanwerk en gesamentlike strategie, eerder as om individuele lof te verwerf.
Team Kia Elite het met hul tyd van 57 minute 14 sekondes die vinnigste tyd van die dag behaal. Hul span was Fanie Steenkamp, Dieter Koen, Cobus Smit, André de Klerk, Schalk van der Merwe en Ruan van Staden.
Die Hollard-span was tweede (58:13), verteenwoordig deur Drikus Coetzee, Gerhard Mans junior, Xavier Papo, Morné Nell, Philip Steyn en André Vermeulen.
Derde was Get Graphics (59:12), wat vir Ingram Cuff, Horst Neumann, Heiko Diehl, Adriaan Maartens, Christo Swartz en Joze Barth as sy ryers gehad het.
Food Lovers Market se Team FLM Black moes hierdie keer met die vierde plek tevrede wees (1:01:16), met Braam Vermeulen, Clinton Hilfiker, Allan Viviers, Nick du Plessis, George Thiele en Des Döman in sy kleure.
Verskeie ander spanne met gerekende padfietsryers het die vyfde tot negende posisies gevul.
Vir die stand van die reeks is Team Kia Elite na dese met 81 punte die voorloper teen Team Cathy op 68. Laasgenoemde met Jacques Celliers, Jaco Hanekom, Pierre Knoetze, Jacques van Zyl, Willie van Zyl en Danny Villinger kon laas naweek maar net sesde oor die eindstreep jaag.
Derde in die reeks is Get Graphics (56 punte), gevolg deur Team NCCS (51), FLM Black (47) en Hollard (45).
VROUE
R&R Importers was eerste van die drie spanne wat in die vrouewedren ingeskryf het.
Die wenspan (Maike Bochert, Hester Prins, Silke Bean, Michelle Döman, Antje Tietz en Anneke Steenkamp) se derde ryer het in een uur 09 minute 27 sekondes klaargemaak.
Tweedebeste was Vertec Ladies (1:14:03) wat deur Lelani Swart, Janine de Klerk, Patricia Hoeksema, Wanette Meyer, Tersia van Zyl en Benita Kasch verteenwoordig is.
In die derde posisie was Delush (1:16:58) wat vir Adele Conradie, Margueirita Maritz, Michaela Ham, Vicky Vosloo, Samantha Geyser en Lonel Smith as sy ryers gehad het.
R&R Importers gee ook die toon aan in die reeks (68 punte) teen Vertec Ladies (21) en Delush (14).
• Drie byeenkomste in die reeks bly oor, naamlik op 16 September, 28 Oktober en 4 November.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie