Voorlopers se stryd eindig dramaties

Wanderers en WHS Old Boys moes die ligapunte deel met twee elk, ná hul spannende wedstryd Saterdag by laasgenoemde se veld.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die Namibiese Eagles-snelbouler Ruben Trumpelmann het Saterdag by die Vegkop-stadion sy temperament vir die groot oomblik gewys in die dramatiese gelykopwedstryd tussen die twee spanne boaan die eendag-premierliga van Krieket Namibië.

Samsung FNB Wanderers se totaal was reeds gelykop met die 175 lopies wat Ceiling Centre WHS Old Boys in sy kolfbeurt opgestel het. Die besoekende voorloperspan op die puntelys – met Michau du Preez reeds op 'n ingeburgerde 35 lopies voor die penne – het net nog die wenlopie nodig gehad.

Trumpelmann, onbestrede as die vinnigste snelbouler in die Namibiese arsenaal en wie se linkerarm tevore ook in Pretoria by Tuks en die Titans geslyp is, het egter ander planne gehad en het Du Preez skoongeboul om Wanderers se partytjie te bederf.

WHS Old Boys se vroeër kolfheld was die jeugdige nasionale o.19-kolwer Gerhard Janse van Rensburg, wat hom met die enigste vyftigtal van die wedstryd laat geld het.

Die ligbloues het boonop vir JP Kotzé, die voorste individuele lopiemaker in die 50-boulbeurtpremierliga, eers as kolwer nommer sewe ingestuur – 'n taktiese skuif wat net beperkte sukses opgelewer het.

WHS Old Boys se kolfvertoning:

Zane Green (geboul Karl Birkenstock, 16, 42 b, 3x4).

Gerhard Janse van Rensburg (gevang JC Balt, geboul Bernard Scholtz, 64, 90 b, 7x4, 1x6).

Donovan Zealand (geboul Scholtz, 20, 42 b, 1x4).

Malan Kruger (gevang Balt, geboul Scholtz, 12, 18 b, 1x4).

Divan la Cock (bvp JJ Smit, 2, 10 b).

Ruben Trumpelmann (gevang Michau du Preez, geboul Jan Frylick, 16, 20 b, 3x4).

JP Kotzé (gevang Du Preez, geboul Birkenstock, 23, 27 b, 1x4, 1x6).

Dylan Leicher (gevang Balt, geboul Scholtz, 2, 9 b).

Zhivago Groenewald (gevang Du Preez, geboul Birkenstock, 2, 6 b).

Tangeni Lungameni (0*, 1 b).

Melrich Robyn (geboul/gevang Birkenstock, 0, 2 b).

Ekstras 18 (5 bylopies, 13 wydlopers).

Wanderers se boulsyfers: Frylinck (1/37 in 8). Smit (1/32 in 10). Birkenstock (4/31 in 7.3). Louis Peters (0/15 in 5). Ruben Claassen (0/23 in 4). Scholtz (4/32 in 10).

Wanderers se kolfvertoning:

Niko Davin (gevang Green, geboul Trumpelmann, 1, 5 b).

JC Balt (bvp Groenewald, 0, 8 b).

Karl Birkenstock (gevang Green, geboul Trumpelmann, 29, 59 b, 2x4, 1x6).

JJ Smit (gevang Janse van Rensburg, geboul Zealand, 32, 39 b, 2x4, 2x6).

Jan Frylinck (uitgehardloop Janse van Rensburg/Kruger, 8, 10 b, 1x4).

Ruben Claassen (gevang Trumpelmann, geboul Robyn, 25, 39 b, 1x4, 1x6).

Michau du Preez (geboul Trumpelmann, 35, 63 b, 5x4).

Danie van Schoor (bvp La Cock, 3, 6 b).

Bernard Scholtz (geboul La Cock, 10, 14 b, 1x4).

Nicolaas Scholtz (gevang Leicher, geboul Lungameni, 11, 24 b, 1x4, 1x6).

Louis Peters (4*, 5 b, 1x4).

Ekstras 17 (2 loslopies, 2 bylopies, 13 wydlopers).

Old Boys se boulsyfers: Trumpelmann (3/15 in 9.2). Groenewald (1/42 in 10). Robyn (1/14 in 5). Lungameni (1/34 in 10). Zealand (1/24 in 2). Kruger (0/13 in 3). La Cock (2/29 in 6).



CCD PLAAS SY KOLFTOTAAL BUITE UNITED SE BEREIK

In die botsing tussen spanne nommer drie en vier op die puntelys, het CCD Tigers danksy stewige vertonings van sy nasionale spelers 'n oortuigende oorwinning op sy tuisveld teen Trustco United behaal.

CCD Tigers se indrukwekkende totaal van 201/6 in 41 boulbeurte (die wedstryd is sodanig verkort vanweë die laat begin weens nattigheid aan die kolfblad) was buite die bereik van Trustco United, wat vir 161 almal uitgeboul is in 38.4 boulbeurte om 'n sege met 40 lopies vir CCD te verseker.

Stephen Baard (85 van 120 balle) was Tigers se beste kolwer en het sy ondervinding gewys om op oordeelkundige wyse die bedrieglike kolftoestande te konsolideer, met bystand van Joshuan Julius (37).

Vir United het Michael van Lingen (45), JW Visagie (23), Lohan Louwrens (20), Henry Hayes (23) en Rowan Chalmers (25*) die beste gevaar, maar CCD se boulers het met tydige deurbrake die skaal in hul guns gehou.

Van Lingen (2/31 in 8 boulbeurte) was sy span se beste bouler en die veelsydige Eagles-speler, tevore kaptein van die kusspan MR24/7 Welwitschias, is reeds 'n onmisbare aanwins om sy spanmaats by die Filistyne se spelpeil hoër te lig.

Vir CCD het die snelbouler Ben Shikongo (3/27 in 7.4) die meeste skade aangerig, terwyl sy kombinasie van draaiboulers ook almal heel skaflik gevaar het.

Tigers se kolfbeurt: Baard (geboul Michael van Lingen, 85 lopies, 120 balle, 4x4, 2x6).

Wayne Raw (bvp Van Lingen, 3, 11 b).

Joshuan Julius (gevang Van Lingen, geboul Hendrik van der Walt, 37, 50 b, 3x4, 1x6).

Nicol Loftie-Eaton (gevang Adam Bassingwaighte, geboul Shaun Fouché, 20, 30 b, 2x4).

Picky Ya France (bvp Fouché, 2, 9 b).

Ramon Wilmot (21*, 19 b, 2x6).

Tawanda Sithole (uitgehardloop JW Visagie, 3, 4 b).

Ryan Moffett (7*, 5 b, 1x6).

Ekstras 23 (1 loslopie, 1 bylopie, 19 wydlopers, 2 foutballe).

United se boulsyfers: Van Lingen (2/31 in 8 boulbeurte). Dickson Vambe (0/32 in 8). Fouché (2/42 in 8). Lo-han Louwrens (0/34 in 8). Van der Walt (1/34 in 6). Damon Coetzee (0/26 in 3).

United se kolfvertoning:

Shaun Fouché (geboul Ben Shikongo, 5, 12 b).

Adam Bassingwaighte (b.v.p. Shikongo, 2, 11 b).

Van Lingen (gevang Mauritius Ngupita, geboul Ya France, 45, 44 b, 3x4, 2x6).

JW Visagie (b.v.p. Loftie-Eaton, 23, 53 b, 1x4, 1x6).

Lo-han Louwrens (b.v.p. Wilmot, 20, 33 b).

Janlu Steenkamp (b.v.p. Loftie-Eaton, 0, 4 b).

Henry Hayes (geboul Ngupita, 23, 33 b, 2x4).

Hendrik van der Walt (b.v.p. Jack Parker, 0, 4 b).

Rowan Chalmers (25*, 29 b, 1x4, 2x6).

Dickson Vambe (geboul Ya France, 0, 3 b).

Coetzee (geboul Shikongo, 3, 7 b).

Ekstras 15 (5 loslopies, 1 bylopie, 8 wydlopers, 1 foutbal).

Tigers se boulsyfers: Shikongo (3/27 in 7.4). Ngupita (1/22 in 8). Loftie-Eaton (2/43 in 8). Ya France (2/28 in 7). Sithole (0/12 in 2). Parker (1/18 in 4). Wilmot (1/5 in 2).

FOTO’s
Ben Shikongo (CCD Tigers) het drie van Trustco United se kolwers laat terugstap. Foto Andrew Poolman
Karl Birkenstock (29 lopies) het hardnekkig teruggeveg nadat Wanderers sy eerste paaltjie op 1 verloor het. Boonop het hy 4/31 in 7.3 boulbeurte geneem en 'n leë beurt geboul.
Die draaibouler Pikky ya France (CCD Tigers) in sy onmiskenbare boulaksie op pad na 2/28 in 7 boulbeurte teen Trustco United. Foto Andrew Poolman
Ramon Wilmot (CCD Tigers) het eers twee sesse geslaan in sy 21 nie uit nie van 19 balle, voordat hy ook die belangrike paaltjie van Lo-han Louwrens geneem het. Foto Andrew Poolman
Ruben Trumpelmann van Ceiling Centre WHS Old Boys was by Vegkop ’n doring in die vlees van Samsung Wanderers 1. Hy het 3/15 in 9.2 boulbeurte geneem en ’n leë beurt afgestuur. Foto Tielman van Lill

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!