Voorlopers United reis kus toe
Klubrugby
Andrew Poolman - Ná twee afnaweke maak die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga môre ’n terugkeer, met vier uit die sewe spanne in aksie.
Die tweede en derde geplaaste spanne, FNB Wanderers en FNB Unam, se bestemde ontmoeting is tot volgende maand uitgestel omdat beide klubs verskeie spelers aan die nasionale amateurspan die Windhoek Draught Welwitschias moes afstaan.
Die voorloper, Trustco United, pak die reis na Walvisbaai aan vir ’n botsing teen Kudus in Narraville, wat altyd moeiliker is as wat dit vooraf lyk. Kudus (sesde) sal hoër verwagtinge koester as om met tien punte en net een oorwinning uit vyf wedstryd vasgenael te bly.
Afrigter Robbie Dickson se Trustco United-span was teen druktyd nie bekend nie. Die Filistyne het twee spelers in die nasionale toerspan in Uruguay, naamlik die stut Jason Benade en haker Niël van Vuuren, terwyl die ander jong haker Gerhard Thirion in die SuperSport-reeks teen die Valke moet speel.
Suid van die hoofstad word die derby tussen Rehoboth-rugbyklub en Reho Falcon gespeel.
Uit die geledere van die Rooi Bulle is Jeandre Cloete (haker), Henrique Olivier (losskakel/senter), Hillian Beukes en Paulus Hangula na die Welwitschias opgeroep en is dus nie in aanmerking geneem nie.
Boonop is Carl-William Freygang (stut) beseer en ook nie oorweeg nie.
Rehoboth se voorsitter en spanbestuurder, Marschell Diergaardt, sê: “Met ons gereelde senterpaar nie beskikbaar nie, gaan Deslee Beukes sy kans kry om op binnesenter sy staal teen sy gewese spanmaats te toets. Brandon Dentlinger skuif van vleuel na buitesenter en sy plek op vleuel word deur Julian Afrikaner ingeneem.
“Paulus Angula se plek word deur Romeo Visagie gevul. Die jong haker Chemegan Beukes gaan in die plek van Jeandre Cloete speel.
“Ek glo dit gaan ’n harde wedstryd en klein punteverskil wees. Ons derby is altyd hard. Ons sal Reho Falcon geensins onderskat nie, want ons weet hulle gaan met hart en siel inklim. Ons wil bitter graag die wedstryd wen en ten minste vyf punte verdien om in die vierde plek in te skuif na die eerste rondte. Ons sal egter op alle silinders moet loop.”
Rehoboth: 15 Xavier van Wyk, 14 Julian Afrikaner, 13 Brandon Dentlinger, 12 Deslee Beukes, 11 Romeo Visagie, 10 Ascher Coetzee, 9 Elrich Jansen, 8 Johann Wohler, 7 Titus Mathias, 6 Udo Mall, 5 Allister Groenewaldt, 4 Elroy van Wyk, 3 Kevin Cloete, 2 Chemegan Beukes, 1 Delano Coetzee.
Reserwes: Monzy Draghoender, Steven Fliede, Francois Visagie, Chester Diergaardt, Lloyd van Wyk, Howard Titus, Chase Diergaardt, Max Anderson.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie