Voormalige Kaptein, roep u manne tot orde
WILLEM BISMARCK VAN WYK EN PETRUS MATHEUS JUNIUS (PIET) SKRYF:
Omstandighede, aangedryf deur leuens, noodsaak ons om hierdie skrywe aan u te rig. Aangesien 'n plaaslike radiostasie deur u gebruik word om u eensydige besluit om u amp neer te lê, en gesag oor te gee, te probeer regverdig, moet ons van hierdie koerant gebruik maak om met u te skakel. Hierdie skrywe is daarop gemik om ons kant van die saak te stel. Ons sal graag u persoonlike antwoord op hierdie skrywe waardeer, nie dat ons glo dat dit sal ooit deur u self gedoen word nie.
Met verwysing na 'n gesprek op die radio waarin ons, Willem Bismarck van Wyk (stigterspresident van die UPM) en Petrus Matheus Junius (Piet) se name gebruik was om u optredes te regverdig, wens ons hiermee u geheue te verfris en terselfdertyd die volgende onder die aandag van die Bastervolk te bring.
U het ons afsonderlik genader om ons insette te kry rondom 'n moontlike opvolger, en dit waardeer ons. Die leuens wat egter deur u spreekbuise hieraan gekoppel word, is onaanvaarbaar.
Tydens die gesprekvoering wou u weet wie ek, Willem Bismarck van Wyk, sou aanbeveel om die leisels by u oor te neem. My antwoord was kort en duidelik: Jan van Wyk. U weet watter ongemaklikheid toe ontstaan het. Ek het in my voertuig geklim en gery.
Ek, Petrus Matheus Junius (Piet), het saam met u en u gade middagete genuttig, op u versoek natuurlik. Tydens die ete het u my meegedeel dat u besluit het om mnr. Martin Dentlinger aan te stel as Kaptein. U wou weet wat my mening was. My woorde aan u was die volgende: “Ek dink nie dit is die regte besluit, Martin Dentlinger is nie kapteinmateriaal nie, hy is nie 'n persoon wat luister na wat ander mense dink en glo nie, daarom kan ek u nie in u besluit ondersteun nie." Dit was my presiese woorde.
Ons is daarom geskok om te verneem dat u beweer dat ons tesame met andere toestemming gegee het vir sodanige aanstelling. Die mening van die ander twee menere is 'n bysaak aangesien die egtheid van sodanige toestemming bevraagteken word.
Leuens word versprei met u goedkeuring, natuurlik om die onreg wat u die volk aangedoen het, te regverdig. Die volk kan nou self besluit en oordeel.
Ons wil u hiermee vriendelik versoek om hierdie saak in die reine te bring en om u manne tot orde te roep.
Soos ons gesê het, ons sal graag u persoonlike en skriftelike antwoord in hierdie gerespekteerde koerant verlang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie