• Tuisblad
  • Sake
  • Voormalige KPMG-man oor SAID-verslag ondersoek

Voormalige KPMG-man oor SAID-verslag ondersoek

Die donker wolk waaronder KPMG gebuk gaan, wil maar net nie opklaar nie.
Die verslag, wat deur Tom Moyane, SAID-kommissaris aangevra is, lui Pravin Gordhan moes in sy kapasiteit as destydse minister van finansies van die eenheid bewus gewees het.

Die verslag kon egter geen bewyse oplewer dat Gordhan van die eenheid se bestaan bewus was nie.

Die verslag het Suid-Afrika aan die gons gehad nadat 'n afskrif daarvan in Oktober 2015 aan die media gelek is.

KPMG het verlede maand na afloop van 'n interne ondersoek die bevindings en gevolgtrekkings van die verslag ­teruggetrek.

“Om dit duidelik te stel, die bewyse wat aan KPMG Suid-Afrika verskaf is, ondersteun nie die interpretasie dat mnr. Gordhan geweet het, of behoort te geweet het van so 'n eenheid nie,” sê KPMG in 'n verklaring.

Gordhan het sedert KPMG se omme­swaai aangedui dat hy dalk reg­stappe oorweeg.

Irba is 'n statutêre liggaam met 'n oorsigfunksie oor daardie dele van die rekeningkundige professie wat met openbare verantwoordbaarheid te make het.

Dit ondersoek tans KPMG se rol rakende die bewerings van staats­kaping deur die Gupta-familie.

Bernard Agulhas, Irba se hoofbeampte, sê hulle het Vrydag 'n brief aan Van der Walt gegee wat hom in kennis stel dat hy deur hulle ondersoek word.

Volgens Agulhas versoek hierdie tipe brief gewoonlik inligting wat relevant tot hul ondersoek kan wees.

Die huidige ondersoek sal volgens Agulhas Van der Walt se professionaliteit en optrede ingevolge Irba se kode van professionele optrede ondersoek.

Enigeen wat aan wangedrag skuldig bevind word, kan sanksies soos 'n waar­skuwing of berisping, skorsing vir 'n bepaalde tydperk of 'n maksimum boete van R200 000 per aanklag verwag. Sulke ouditeurs kan moontlik ook van Irba se register geskrap word.

Agulhas sê dit val nie as sulks binne Irba se jurisdiksie om forensiese verslae te ondersoek nie.

Hulle kan egter wel die gedrag van die ouditeur verantwoordelik vir die aftekening van die verslag ondersoek, mits die betrokke ouditeur by Irba geregistreer is.

Fin24 het in Julie berig die raad van ouditeurs het 'n ondersoek begin na die werk wat KPMG vir Linkway Trading gedoen het.

Linkway was na bewering sentraal tot die skandaal oor geld wat vir die ­omstrede Gupta-troue gebruik is.

Die ondersoekende joernaliste van amaBhungane en Scorpio het in Junie 'n komplekse web van geldoordragte en moontlike geldverduistering blootgelê, wat na bewering die Vrystaatse regering, die Estina-suiwelmaatskappy en verskeie Gupta-maatskappye insluitend Linkway Trading en Oakbay ­Investments, betrek. – Fin24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!