Voormalige president van onderwysunie sterf
Voormalige president van onderwysunie sterf

Voormalige president van onderwysunie sterf

Maria Eiseb
Die Onderwysersunie van Namibië het ’n vriend en mentor verloor.

Die voormalige president van TUN, mnr. Gert Jansen, het gesterf.

Volgens TUN se adjunkpresident, mnr. Ndjizuvee Haakuria, het Jansen die afgelope sowat 15 jaar as president van die unie gedien.

Haakuria het gesê Jansen was ’n talentvolle leier wat onderwysers verenig het.

Jansen het, volgens hom, elkeen die kans gegee om sy mening te lug. Vir onderwysers het hy ’n platform geskep waar hulle hul ontevredenheid of kommer oor kwessies kon uitspreek, het hy bygevoeg.

“Hy was ’n demokratiese leier, iemand wat jy kon vertrou, en hy kon druk hanteer,” het Haakuria gesê.

Sy visioenêre leierskap het die momentum vir groei aan TUN verleen. Jansen het die rigting verander waarin die onafhanklike unies in Namibië beweeg, aangesien hy hom met ander dapper lede van die onafhanklike uniebeweging omring het. Hy het ook ander verwante verenigings op die been gebring.

Jansen was ná sy aftrede steeds ’n inspirerende leier.

Hy het verskeie verantwoordelikhede in die gemeenskap gehad. Hy het homself onder meer vir die welstand van bejaardes beywer en het die professionele ontwikkeling van onderwysers voortdurend ondersteun.

Jansen se roudiens sal op 31 Augustus by die Martin Luther-kerk in die hoofstad gehou word en hy sal op 2 September in Windhoek begrawe word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!