Voornemens gou Desm…
Des Erasmus – Sommer hier op die derde dag van 1992 bereik ek die vaarwater van die nuwe jaar. Dis nou die stadium waar Nuwejaarsvoornemens in sak en as lê en dit terug is na die ou weë.
“Keer terug, my volk! Terug na………………………………..”
(Skryf op die stippellyn net wat jy wil).
Ek is nie ’n statistikus nie, maar elke jaar neem ek my voor om aan te teken wanneer die laaste van die voornemens aan skerwe lê. Dis die een voorneme wat vanjaar uitgevoer is – Vrydag, 3 Januarie.
Eintlik het ek al op Nuwejaarsdagoggend so omstreeks elfuur moeilikheid gekry. Dit sou mos die jaar wees waarin daar nie tussen maaltye geëet word nie. Toe daag die getroue tuinier op die vakansiedag op. Sy verantwoordelikheid teenoor sy werk het die hele gesin gaande en bring toe mee dat ’n driekwarthoender wat die ou spul nie ook die vorige aand kon inkry nie, my oorhandiging en sy ontbyt op Nuwejaarsoggend word.
Daar sit die twee oumanne toe onder ’n broodboom aan en bied hy my ’n oorblywende boudjie aan. Waarop ek nie nee sê nie.
Hoekom sou ’n man dan midde soveel welwillendheid aanstoot gee?
Voorneme 1 is in die proses Desm …
’n Tweede was dat ek nie humeurigheid van die kantoor huis toe sou bring nie. Doen ek dit wel, sou ek probeer om dit nie te wys nie. Hier oor die Groot Dae is die personeel min en smaak dit my ek is ’n kaalgestroopte ribbebeen van die “skeleton staff”. Haal toe afgesloof en gedaan net-net die kombuis om daar te verneem dat die afvoerpyp uit die skottelgoed se opwasbak lek.
Ek kom nie weg met ’n “maar laat hom lek!” nie. Daar moet ek toe in glibberige en klewerige skottelgoedwater vat en vervat na ’n plastiekmoer wat vyftien jaar gelede skeef opgedraai is, maar so skeef-skeef en in stilte sy werk gedoen het tot op die Nuwe Jaar van 1992.
Voorneme 2 is Desm …
Dan Voorneme 3.
Dit is om nie knorrigheid op te bou terwyl daar in Windhoek se strate tussen taxi’s en GRN’s deurgesukkel word nie. Nee, gaan mos vanjaar hoflike Jorsie word.
Hier naby een van ons sirkels is daar toe die Vrydagoggend ’n bejaarde dame wat haar weg deur die verkeer voel. Sy melk die stuurwiel so. Net agter haar kom daar ’n oubasie in sy blink-oue Morris. Dit lyk so of die tweetjies se weë iewers saam gaan kom. Ek lees dit in die vonkel van die ou oë.
Ek hou stil om haar haar draaikans te gee. Om nie aanstoot te gee nie, gooi ek ’n flikkerlig na regs. Maar sy kom gooi ’n Kaapse draai om my agterstewe. En met die verbykomslag vra sy skor: “Hoe ry jy dan?”
Kort op haar hake is die Oubasie met ’n “waar het jy jou laaisens gekry?”
Nou is die Nuwejaarsbesigheid uit my gestel. Met die skrikkel bygereken, lê daar so ’n 360 dae voor voordat ek weer by ’n paar voornemens en hul skerwe gaan kom. Kom ons werk hulle weg. Of soos die kleingoed sou sê: “Nog net 360 slapies…”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie