Voorskoolse onderrig vir latere sukses
Kinders met preprimêre onderrig ontwikkel waardevolle vaardighede om in die toekoms te benut.
Henriette Lamprecht - Meer as 175 miljoen kinders, sowat die helfte van kinders wêreldwyd, ontvang nie voorskoolse onderrig nie.
Die gebrek aan dié kritieke beleggingsgeleentheid veroorsaak vroeg reeds ‘n agterstand.
Volgens ‘n nuwe verslag van Unicef lyk die prentjie in lae-inkomstelande selfs minder rooskleurig met slegs een uit elke vyf kinders wat voorskoolse onderrig ontvang.
“Voorskoolse onderrig is die basis van ons kinders se onderrig. Elke stadium van onderrig maak staat op die sukses hiervan,” sê me. Henrietta Fore, Unicef se uitvoerende direkteur.
“Tog is daar te veel kinders in die wêreld wat dié geleentheid ontneem word. Dit verhoog die risiko om grade te herhaal of skool heeltemal te verlaat en laat hulle in die skaduwees van hul eweknieë, wat wel die voorreg gehad het,” sê sy.
A World Ready to Learn: Prioritizing quality early childhood education, Unicef se eerste wêreldverslag wat op voorskoolse onderrig fokus, sê kinders wat ten minste een jaar se voorskoolse onderrig ontvang het, het ’n groter kans om die kritieke vaardighede te ontwikkel wat hulle nodig het vir sukses in hul skoolloopbaan.
Dié kinders is ook minder geneig om grade te herhaal of skool te verlaat en is daarom meer in staat om as volwassenes ’n bydrae tot vooruitstrewende en vreedsame gemeenskappe en ekonomieë te lewer.
Sulke kinders se geletterdheids- en numeriese vaardighede is ook meer waarskynlik op standaard.
In ‘n land soos Nepal is kinders wat aan vroeë kinderontwikkelingsprogramme deelneem 17 keer meer geneig om voldoende vroeë geletterdheids- en numeriese vaardighede te hê.
In lande waar meer kinders voorskoolse programme bywoon, is daar beduidend meer kinders wat laerskool voltooi en die minimum lees- en wiskundevaardighede by voltooiing onder die knie het.
Volgens die verslag is ‘n huishouding se rykdom, die ma se onderrigvlak en geografiese ligging onder meer kernfaktore vir die bywoning van voorskoolse klasse, en armoede is die enkele grootste bepalende faktor.
In 64 lande is die armste kinders sewe keer minder geneig as kinders uit die rykste families om aan vroeë kinderontwikkelingsprogramme deel te neem.
In sommige lande is die gaping tussen ryk en arm selfs duideliker.
Kinders uit die rykste huishoudings in byvoorbeeld Noord-Masedonië is 50 keer meer geneig om kleuterskole by te woon as dié uit die armste huishoudings.
Tog is dit volgens die verslag juis dié kinders wat die meeste hierby baat.
Voorskoolse onderrig help ‘n kind wat deur krisisse geraak word om trauma te bowe te kom deur aan hulle struktuur te gee, ‘n veilige plek om te leer en speel en ‘n plek waar hulle uiting aan hul emosies kan gee.
Oraloor lande met beskikbare data is kinders wie se ma’s hul sekondêre opleiding en verder voltooi het, vyf keer meer geneig om aan vroeë kinderontwikkelingsprogramme deel te neem as kinders wie se ma’s slegs laerskoolonderrig of geen formele onderrig het nie.
In 2017 was ‘n gemiddeld van 6,6% van plaaslike onderwysbegrotings wêreldwyd toegewy aan voorskoolse onderrig, met bykans 40% van lande met beskikbare data wat minder as 2% van hul onderwysbegrotings hieraan bestee.
In Wes- en Sentraal-Afrika is 2,5% toegeken aan voorskoolse onderrig, met 70% van kinders wat dit nie ontvang nie.
Oraloor Europa en Sentraal-Asië bestee regerings die hoogste persentasie – meer as 11% – van hul onderwysbegrotings aan voorskoolse onderrig.
Volgens die verslag het die gebrek aan wêreldwye belegging in voorskoolse onderrig ‘n negatiewe invloed op die gehalte van dienste, wat ‘n beduidende gebrek aan opgeleide voorskoolse onderwysers insluit.
Lae- en laermiddelinkomstelande is die tuiste van meer as 60% van die wêreld se kinders wat wel voorskoolse klasse bywoon, maar is ook die tuiste van skaars 32% van alle voorskoolse onderwysers.
Volgens die verslag is net 422 000 voorskoolse onderwysers tans in lae-inkomstelande in diens.
Gegewe bevolkings wat groei en ‘n ideale koers van 20 kinders per onderwyser, sal die wêreld 9,3 miljoen nuwe voorskoolse onderwysers nodig hê om teen 2030 aan die universele doelwit vir voorskoolse onderwys te voldoen.
“As vandag se regerings wil hê hul werksmag moet in môre se ekonomie kompeterend wees, moet hulle by vroeë onderrig begin,” het Fore gesê.
“As ons ons kinders die beste kans wil gee om sukses in ‘n wêreldekonomie te behaal, moet leiers voorkeur aan voorskoolse onderwys en voldoende hulpbronne gee.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie