'Voorskrif nie wetlike vereiste'
Die ministerie van finansies se departement van binnelandse inkomste (IRD) het verskeie maatreëls om die vrywillige nakoming van belastingwette te verseker.
Henriette Lamprecht - ’n Voorskrif deur die ministerie van finansies dat mediese praktisyns se lisensie om te kan praktiseer geweier word sou hul belasting nie in orde wees nie, is nié ’n statutêre vereiste van die wette vir gesondheidswerkers nie.
’n Amptelike klag is nou in dié verband by die kantoor van die ombudsman ingedien, wat reeds in ’n skrywe verlede jaar gesê het die voorskrif is “nie ’n wetlike vereiste nie”.
Adv. John Walters se brief is aan die permanente sekretarisse in beide die ministeries van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), sowel as finansies gerig.
Volgens Walters bly dit ’n “onafdwingbare voorskrif, tensy dit deur die wet voorgeskryf word".
Is dit ’n vereiste soos vervat in Namibië se belastingwette, wil Walters van me. Erica Shafudah en dr. Andreas Mwoombola weet.
Hy het in ’n latere brief gevra dat ’n regsopinie oor die wettigheid van die voorskrif wat deur die ministerie van finansies uitgereik is, met die aanklaer-generaal opgeneem word.
Dié amptelike klag en versoek vir ’n ondersoek volg nadat ’n mediese praktisyn se aansoek vir die hernuwing van sy lisensie om te praktiseer, sonder enige geskrewe redes afgekeur is.
Volgens die praktisyn moes hy, bykomend tot die vereistes en voorwaardes van die Wet op Hospitale en Gesondheidsgeriewe van 1994, ook aan ’n voorskrif van die ministerie van finansies voldoen.
Dié voorskrif is vervat in ’n skrywe in Oktober 2015 aan die permanente sekretaris van die MoHSS onder die vaandel van die nakoming van belastingwette deur mediese praktisyns en aptekers.
Volgens die dokument wat deur me. Ericah Shafuda, finansies se permanente sekretaris, onderteken is, is die departement van binnelandse inkomste (IRD) besig met die implementering van verskeie maatreëls om die vrywillige nakoming van belastingwette te verseker.
Die dokument sê voorts ondervinding het gewys een van die doeltreffende maniere om belastingbetalers te dwing om belastingwette na te kom, is wanneer Jan Taks met sleutel- derde partye saamwerk.
“Dit is waarom belastingwette onder meer bepalings het wat die IRD bemagtig om van verkose derde partye te vereis om sekere take uit te voer om te help om belastingbetalers te dwing om hul belastingverpligtinge na te kom,” lui die dokument.
Volgens die dokument het die ministerie van finansies “verdagte praktyke” by sekere gesondheids- en aptekerslui in dié verband opgemerk.
Dit is teen bogenoemde agtergrond dat die ministerie van die MoHSS vereis dat nuwe aansoeke vir registrasie, sowel as aansoeke vir die jaarlikse hernuwing van praktyklisensies, van ’n geldige sertifikaat, uitgereik deur die IRD, vergesel moet word om te bevestig die aansoeker se belastingsake is in orde.
Slegs dan mag ’n lisensie uitgereik word.
Volgens Walters maak die wet op hospitale en mediese inrigtings net vir drie vereistes of voorwaardes voorsiening (artikel 31(3)) waaraan die aansoeker moet voldoen en wat wel gedoen is.
Walters sê voorts in sy brief volgens hom is die praktisyn “onder geen regsverpligting om aan ’n voorskrif te voldoen wat nie die krag van die wet het nie”.
Walters stel vervolgens voor dat die lisensie wél toegeken word, sou hy aan die vereistes voldoen en dat artikel 31(3) intussen gewysig word om ’n bykomende vereiste in te sluit.
Volgens die amptelike klag wat nou by die ombudsman se kantoor ingedien is, word van derde partye soos die MoHSS verwag om die ontvanger van inkomste met die insamel van belasting te help.
Dit het daartoe gelei dat die ministerie nou “weier om statutêre inspeksies te doen en die nodige lisensiëring soos volgens voorgeskrewe statutêre plig aan gesondheidswerkers te verskaf, wat nie belastingverklarings van goeie staande verskaf nie”.
“Dít terwyl hulle voldoen aan alle wettige statutêre vereistes soos voorgeskryf deur die wette op gesondheidsorgwerkers om hierop geregtig te wees.”
Volgens die klag is dit duidelik ’n brief van die ministerie van finansies “kan nie 'n wet of statutêre vereiste uitmaak nie”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie