Voorste 16 vir Kanada-toer gekies
Die skolereeks toon opnuut belowende groei.
Die Nasionale Boogskietprogram in Skole (NASP) het die afgelope Saterdag een van sy groter kompetisies vir die jaar by die Jan Wilkenstadion in Walvisbaai aangebied, waar die Walvisbaai Boogskietklub vir 106 deelnemers as gasheer opgetree het.
Ouers kon ook deelneem en as inskrywing is ou klere en blikkieskos deur WASP aan die Janet Martin-stigting geskenk wat vanjaar deur dié instansie ondersteun word.
Soos die sport in gewildheid toeneem, het heelwat nuwe gesigte weer hul opwagting gemaak om vir die eerste keer aan 'n boogskietkompetisie deel te neem.
Nadat die kompetisie afgehandel was, is Namibië se voorste 16 jong skutters aangekondig wat hul land vanaf 8 tot 11 Julie by die NASP All Nations-kampioenskap in Alberta in Kanada sal verteenwoordig.
Die span is Dominique Bekker (WASP), Pieter Hough en FP Scholtz (Walvisbaai Privaatskool), Lukas Els en Johannes Jacobus Theron (beide Carpe Diem Tuisskool), Andilla Jaarsak en Delron Gaoseb (Community Hoërskool), Hennie Nell (Privaatskool Elnatan), Gerhard Koen (Privaatskool Keetmanshoop), Melany Erasmus (Berg-Op Akademie), Willem Lottering, Wian Lottering, Diwan Engelbrecht, Leonise Human, Isabel Louw en Edward Kesslau (almal van Gobabis Gimnasium).
Die voorste uitslae
was soos volg:
Voorste skutters onder 11: 1. Elri Koen (PS Keetmanshoop), 2. Mark Saad (St. Paul's College), 3. Tia Harases (WASP). Onder 13: 1. MJ van der Westhuizen (Berg-Op), 2. Alexander Abrahams (SKW), 3. Keanu Klose (Luderitz Boogklub). Onder 16: 1. Pieter Hough (Walvisbaai PS), 2. Hannes Theron (Carpe Diem), 3. Gabriel Mwiya (Community HS).
Beste vordering, Junior meisies: 1. Bea Marais (Windhoek Gim), 2. Ané Oberholzer (Walvisbaai PS), 3. Suné Visser (Gobabis Gim). Senior meisies: 1. Bianca Erasmus (Berg-Op), 2. Lualdi Mouton (WASP), 3. Logan Tawse (St. George's). Junior seuns: 1. Mark Saad (St. Paul's), 2. Dandré Rivas (WASP), 3. Leigh-Vinney Lottering (Community HS). Senior seuns: 1. Conrad van der Merwe (Walvisbaai PS), 2. Renaldo van der Merwe (WASP), 3. Driaan du Preez (Berg-Op).
Kolskoot-afdeling (Bull's Eye). Junior seuns: 1. MJ van der Westhuizen (Berg-Op), 2. Alexander Abrahams (SKW), 3. Keanu Klose (Luderitz). Senior seuns: 1. FP Scholtz (Walvisbaai PS), 2. Pieter Hough (Walvisbaai PS), 3. Lukas Els (Carpe Diem). Junior meisies: 1. Anrika van Zyl (Danie Joubert), 2. Mari Louw (Gobabis Gim), 3. Ané Oberholzer (Walvisbaai PS). Senior meisies: 1. Melany Erasmus (Berg-Op), 2. Dominique Bekker (WASP), 3. Leonise Human (Gobabis Gim).
Diere-ronde, Junior seuns: 1. Alexander Abrahams (SKW), 2. Nico Janse van Rensburg ( PS Elnatan), 3. MJ van der Westhuizen (Berg-Op). Senior seuns: 1. Lukas Els (Carpe Diem), 2. Pieter Hough (Walvisbaai PS), 3. Hannes Theron (Carpe Diem). Junior meisies: 1. Anrika van Zyl (Danie Joubert), 2. Mari Louw (Gobabis Gim), 3. Melissa Jose (Berg-Op). Senior meisies: 1. Leonise Human (Gobabis Gim), 2. Dominique Bekker (WASP), 3. Melany Erasmus (Berg - Op).
Gekombineerde wenners van die kolskoot- en diererondes: Junior meisies: 1. Anrika van Zyl (Danie Joubert), 2. Mari Louw (Gobabis Gim), 3. Ané Oberholzer (Walvisbaai PS). Senior meisies: 1. Dominique Bekker (WASP), 2. Melany Erasmus (Berg-Op), 3. Leonise Human (Gobabis Gim). Junior seuns: 1. Alexander Abrahams (SKW), 2. MJ van der Westhuizen (Berg-Op), 3. Keanu Klose (Luderitz). Senior seuns: 1. Pieter Hough (Walvisbaai PS), 2. FP Scholtz (Walvisbaai PS), 3. Lukas Els (Carpe Diem).
Hoogste tellings vir seuns en meisies: Lukas Els (Carpe Diem) en Melany Erasmus (Berg-Op).
Voorste skole: 1. Berg-Op Akademie, 2. Walvisbaai Privaatskool, 3. Carpe Diem Tuisskool.
Die organiseerders bedank hul borge Francois Venter, Eden Kwekery, Ramos, Sandwich Harbour 4x4-toere, Catamaran Charters, Upanja Farming, Kaap-Agri, Indonga Toyota, Rudie Botma, Walvisbaai Spar, Walvisbaai OK Grocer, Walvisbaai Bakkery, ouers van Walvisbaai, die Voortrekkers en die Walvisbaai rolbalklub wat die wonderlike dag moontlik gemaak het.
“Voorspoed aan ons nasionale en ontwikkelingspan. Ons by NASP weet dat julle ons met trots in Suid-Afrika en Kanada sal verteenwoordig,” het NASP se verklaring gelees.
'n Span van 32 skutters gaan vanaf 25 tot 30 April in Springs, Suid-Afrika, aan die Afrika-All Stars-kampioenskap deelneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie