'Voortgesette aanvalle' veroordeel
'Voortgesette aanvalle' veroordeel

'Voortgesette aanvalle' veroordeel

Henriette Lamprecht
Die Khomasstreekraad se Windhoek-Oos-kiesafdeling het voorvalle van geweld teen inwoners van die hoofstad ten sterkste veroordeel.

Die kiesafdeling het in ''n verklaring by monde van raadslid Joyce Nangula Namuhuja na twee ernstige voorvalle die afgelope drie weke verwys waartydens inwoners van die kiesafdeling ernstig aangerand is. ''n Bekende argitek, mnr. Robert (Robbie) Locke, is wreed deur vyf mans in die Elisenheim-omgewing aangeval. Hy het nie van die aanval herstel nie en vyf dae later aan sy beserings beswyk.

Me. Sonja van der Merwe is verlede week by ''n besige kruising in die hoofstad tydens spitstyd deur vier mans aangeval en ernstig aangerand.

“Die kantoor van die streekraadslid veroordeel die huidige brutale en ongevraagde fisieke aanvalle op inwoners van die Windhoek-Oos-kiesafdeling en die groter Windhoek-­gebied ten sterkste.”

Die kiesafdeling het ''n beroep op inwoners gedoen om hande te vat en kragte saam te snoer om veiligheidsinisiatiewe in hul onderskeie woonbuurte te ondersteun.

“Die kiesafdeling is bevoorreg om inwoners te hê wat hul tyd en hulpbronne gebruik om doeltreffende en funksionerende buurtwagte te vorm. Ons loof hierdie patriotiese inwoners vir hul toewyding.”

Namuhuja het inwoners aangemoedig om dié boosheid uit te roei wat tans gemeenskappe teister.

“Ons moet die buurtwagstelsel versterk sodat ons die misdadigers te alle tye kan dophou, veral tydens die komende vakansieseisoen.”

Sy het voorts ''n beroep op die Namibiese en stadpolisie gedoen om voldoende patrollies van woonbuurte in en rondom die stad beskikbaar te stel.

“Die sigbaarheid van ons wetstoepassers in ons strate sal ''n noodsaaklike rol in die stryd teen misdaad speel en om die veiligheid van al ons inwoners te verseker.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!