Voortrekkers nu00e1 90 jaar nog op koers
Voortrekkers nu00e1 90 jaar nog op koers

Voortrekkers ná 90 jaar nog op koers

Yandi Du Plessis
Die Windhoek-Schlengemann-kommando van die Namibiese Voortrekkers bied vanaand, in samewerking met Netwerk Namibië en Windhoek Afrikaanse Privaatskool, 'n plaaslike vertoning van die aanlyn konsert, Hou Koers, aan.

Die Voortrekkers vier vanjaar hulle 90ste bestaansjaar met 'n geskiedkundige konsert wat op die vooraansig van die Voortrekkermonument geprojekteer gaan word.

Adam Tas, Jak de Priester en Pieter Smith sal die lekkerste sangvermaak in Afrikaans aan oud en jonk verskaf. Heerlike saamkuier en saamsing beloof om uitstekende vermaak vir die hele gesin te bied.

Volgens Alex Maritz, leier van die Windhoek-Schlengemann-Voortrekkerkommando, bied die Voortrekkerbeweging een van die beste dryfvere om die rykdom van ons kultuurerfenis aan ons jeug oor te dra.

“Kulturele bewussyn hang nou saam met die funksionering van suksesvolle gemeenskappe. Dit is juis in hierdie akker waar ons wil spit en saai, met geloof in ons Skepper wat laat groei.

“Ons is hier om te bou, saam met julle, aan ons jeug wat weer ons erfenis sal bewaar vir hul kinders en hul kinders se kinders. Ons vertrou dat hierdie feesvierings van ons organisasie – 90 jaar later – een en elkeen sal inspireer en 'n groot hupstoot sal gee in moed, durf en daad – omdat ons nie anders kan nie, dit is wie ons is.”

Elna de Jager, Windhoek Afrikaanse Privaatskool se laerskoolhoof, is dankbaar om by hierdie geleentheid betrokke te raak en sodoende die liefde vir die Afrikaanse kultuur onder ouers en kinders aan te wakker.

“Windhoek Afrikaanse Privaatskool vier graag fees saam met die Voortrekkers en is opgewonde om opbouende gesinsvermaak aan te bied.”

Die uitvoerende beampte van Netwerk, me. Elizma Theron, beaam dat geleenthede soos hierdie belangrik is om die Afrikaanse kultuur op te bou, asook om gesinsbande te versterk.

“Netwerk speel 'n koördinerende rol in die groei van die Afrikaanse taal in Namibië, en hierdie is 'n uitstekende praktiese voorbeeld van hoe organisasies effektief kan saamwerk om aan Afrikaans 'n sterker stem in Namibië te gee.”

Kaartjies beloop slegs N$30 per persoon en kinders onder 9 kan die geleentheid gratis bywoon.

Die kaartjies is by Windhoek Afrikaanse Privaatskool en Treintjieskool beskikbaar, of kan by die ingang gekoop word. Verversings sal te koop wees. Die vertoning word by die Andries du Plessis-saal in Drakensbergstraat aangebied en begin stiptelik om 19:00.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!