Voortvlugtende moordenaar vandag aan Namibiu00eb uitgelewer
Voortvlugtende moordenaar vandag aan Namibiu00eb uitgelewer

Voortvlugtende moordenaar vandag aan Namibië uitgelewer

Denver Kisting
Denver Kisting – Twee jaar nadat Charles Namiseb, een van die Uis-moordenaars, uit aanhouding ontsnap en landuit gevlug het, keer hy vandag terug.
Hy het gevlug kort nadat hy aan moord, verkragting en roof met verswarende omstandighede skuldig bevind is, .
Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die nasionale polisiewoordvoerder, het gister in ’n verklaring gesê Namiseb kom vanmiddag om 13:45 op ’n vlug uit Suid-Afrika by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aan.
Hy word na verwagting vergesel deur lede van die Namibiese polisie en Interpol.
Foto: Hier is Namiseb vroeër in die hof in gesprek met sy regsverteenwoordiger, mnr. Brownwell Uirab.

Kommentaar

Republikein 2025-04-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer