Vooruit vreugde

Von Baums Volkswagen en Primêre Skool Vooruit vat hande.
Helene Bam
Hoe heerlik is dit nie om jou tekkies af te stof en met 'n hart wat vinnig klop aan te trek nie!

Die Primêre Skool Vooruit (VPS) op Otjiwarongo se vreugde was groot toe Von Baums Volkswagen besluit het om in die lewens van die leerlinge te belê. Met adrenalien wat pomp, spiere wat roer en ogies wat vonkel, het VPS begin oefen. Met groot welslae het die kinders hard geoefen, deelgeneem en oor die wenstreep genael.

'n Uitgesoekte atletiekspan is aangekondig en so het die volgende fase aangebreek.

Op 24 Februarie 2017 het die skool aan die Zone-atletiek deelgeneem, en die leerlinge het uitgeblink.

Israel Kandundu was eerste in hoogspring met 1,35 meter, en Lukas Mbangu was tweede in skyfwerp met 19,62 meter. Lizelle Isaks was tweede in spiesgooi met 15,1 meter en Bertha Makoyele was eerste in gewigstoot met 6,93 meter.

Die prysuitdeling in die skoolsaal was 'n hoogtepunt. Die atlete is beloon met trofees en pryse wat deur Volla-vennote geborg en geskenk is.

Die skool betuig hul dank teenoor Von Baums Volkswagen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!