Voorvaderlike eise: Alle grond benut
'n Verslag van 797 bladsye, saamgestel deur 'n multidissiplinêre raadgewende span wat in 2018 deur pres. Hage Geingob aangestel is, het verlede week uitgelek.
Mathias Haufiku en Ogone Tlhage
Daar is tans geen oop grond in Namibië beskikbaar nie aangesien alles benut word.
Die Kommissie van Ondersoek na Voorvaderlike Grondregte het bevind die enigste manier om alternatiewe grond beskikbaar te stel, is deur die herklassifikasie van grondgebruik.
'n 15-man presidensiële paneel wat voorvaderlike grond ondersoek, het 'n beroep op die regering gedoen om beleids- en wetswysigings aan te pak om die vrae oor voorvaderlike grond effektief te takel.
Die verslag van 797 bladsye, saamgestel deur 'n multidissiplinêre raadgewende span wat in 2018 deur pres. Hage Geingob aangestel is, het verlede week uitgelek.
Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het enkele minute nadat die verslag uitgelek het, 'n openbare kennisgewing uitgereik wat sê die verslag is op die OPM-webwerf beskikbaar.
Die kommissie is aangestel op die kruin van die debat oor voorvaderlike grond, wat hewige debatte onder gemeenskappe uitgelok het dat die regering min doen om aandag aan hul bekommernisse te gee.
Trouens, die meeste van die geraakte gemeenskappe voel die huidige grondhervormingsbeleid bevoordeel die rykes, die magtiges en dié met politieke bande.
AMPTELIKE STATISTIEKE
Die kommissie het ook amptelike statistieke oor die huidige verdeling van grond in Namibië ontvang, volgens funksionele en potensiële gebruik, sowel as eiendomsreg.
“Gebaseer op die huidige wetgewing en data oor grondgebruikspatrone, het die kommissie tot die gevolgtrekking gekom dat dit wil voorkom asof alle grond in die land so beset is dat daar blykbaar min alternatiewe grond in gemeenskaplike en kommersiële gebiede beskikbaar is,” lui die verslag.
Die kommissie het bevind die gemeenskappe wat die sentrale en suidelike dele van die land bewoon het, veral die San, Damara (‡Nukhoen), Nama en Ovaherero, is die meeste deur onteiening van koloniale grond geraak en het die meeste van (indien nie al) hul voorvaderlike grond verloor.
“Terwyl die kwessie van voorvaderlike grond ingewikkeld bly, is restitusie dalk nie moontlik nie, soos wat tydens die grondkonferensie waargeneem is. Daar is sterk bewyse om die instelling van formele regs- en administratiewe prosesse te regverdig,” het die kommissie aanbeveel.
RESTITUSIE
Volgens die kommissie is dit nodig om wetgewing in te stel om voorsiening te maak vir voorvaderlike grondeise, insluitend 'n liggaam om eisers te help om hul eise op te stel en 'n liggaam om eise van voorvaderlike grondregte te beoordeel.
Volgens die kommissie is dit om die ongeregtighede en vernedering oop te vlek wat onder baie inheemse Namibiërs deur koloniale en apartheidsvoorskrifte veroorsaak is.
Soos die kommissie landswyd gereis het om te raadpleeg en om insette van die geaffekteerde gemeenskappe te verkry, is hulle “ryk verhale” vertel oor hoe die verskillende gemeenskappe se voorvaderlike grondregte geskend is en verlore gegaan het gedurende die prekoloniale en koloniale tydperk.
“Die kommissie het ook getuienis ontvang van verliese van grondregte in die post-koloniale era, hoofsaaklik as gevolg van proklamasies van stedelike nedersettings, nasionale parke en ander ontwikkelingsprojekte,” het die kommissie in sy verslag aangedui.
Die kommissie het verder bevind van die gemeenskappe is steeds maatskaplik gemarginaliseerd en selfs ekonomies uitgesluit op hervestigingsplase wat spesifiek vir hulle bekom is.
“San-gemeenskappe wat voordeel getrek het uit groephervestigingskemas, soos dit blyk uit mondelinge getuienisse en die bewerings in die getuienisse, het die slagoffers geword van magtige individue in die gebiede wat inbreuk maak op die plase wat aan die San toegeken is,” het die kommissie bevind.
GESKIEDENIS
Een van die bevindings in die verslag is dat Duitse koloniale en Suid-Afrikaanse bewind uit die apartheidsera, ná die onteiening van die meerderheid inheemse grond, doelbewus beleide aangeneem het om wit nedersettings te konsolideer en 'n landbou-gebaseerde bedryf te skep.
Die kommissie het ook die taak om die grootte van die verlore voorvaderlike grond en die grense daarvan te ondersoek.
“Die kommissie voer aan dat dit onmoontlik is om die presiese groottes en grense van voorvaderlike grond tussen die verskillende gemeenskappe vir die prekoloniale era te bepaal, hoewel daar historiese bewyse bestaan dat algemene grense en jurisdiksies bestaan het,” word in die verslag opgemerk.
Volgens die verslag is statistieke oor grondeienaarskap steeds ten gunste van voorheen bevoordeelde persone, ondanks die regering wat sedert onafhanklikwording miljarde bestee het om grond te koop waarop voorheen benadeelde persone hervestig is.
In 2018 is 70% (27 863 813 hektaar) privaat landbougrond, of kommersiële grond, steeds in die besit van voorheen bevoordeelde persone, met voorheen benadeelde persone wat slegs 16% (6 373 441 hektaar) private beskikbare landbougrond besit het.
“Alhoewel die regering 'n goedbedoelde grondhervormingsprogram aangeneem het, het dit 'n gebrek aan 'n robuuste omgewing om dit (professioneel en finansieel) te bewerk en sodoende histories agtergeblewe Namibiërs aan te spoor om suksesvol in die landboubedryf te wees en voedselsekerheid te verbeter,” het die kommissie bevind.
Volgens die kommissie bestaan daar wanopvattings dat die huidige nasionale hervestigingsbeleid en grondhervormingsprogramme ongevoelig is teenoor die behoeftes van grondloses in die algemeen, en in besonder diegene wie se voorvaderlike grond onteien is.
SLEUTELAANBEVELINGS:
1. Herklassifiseer van grondgebruik
2. Neem 'n effektiewe program vir grondhervorming aan
3. Stel formele regs- en administratiewe prosesse op
4. Entiteit om eise van voorvaderlike grondregte te beoordeel
5. Wetgewing om voorsiening te maak vir voorvaderlike grondeise
6. Neem voldoende ondersteuningsmeganismes aan om ná vestiging te implementeer.
– [email protected] en
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie