Voorval by Windpomp 14 opgeklaar
Sosiale media het die naweek gegons oor ’n beweerde rassevoorval by ’n gewilde kampplek aan die kus.
Leandrea Louw op Swakopmund – Die Windpomp 14-kampterrein buite Swakopmund was die middelpunt van ’n hewige debat op sosiale media die afgelope naweek.
’n Individu het haar klagtes op ’n private Facebook-groep gepubliseer, waarin sy beweer drie vroue is hier aangerand en rassistiese aanmerkings is teenoor hul groep gemaak.
Die plasing is verwyder nadat die bestuur van die kampterrein gesê het die beweerde aanranding het nooit plaasgevind nie en beide groepe betrokke was ewe skuldig. Die bestuur van Windpomp 14 het in reaksie op die plasing gesê dit het net een kant van die storie vertel.
Volgens mnr. Jaco Joubert, bestuurder van die kampterrein, was albei groepe swaar onder die invloed van drank.
“Elkeen het met ’n ander weergawe gekom wat hulle as die slagoffer uitbeeld. Ons het ’n streng beleid teen enige wangedrag by ons kampplekke en restaurant en onmiddellike optrede sal teen enige gas geneem word,” het Joubert gesê. Met verwysing na die beweerde aanranding van die drie vroue het hy gesê dit is nie die korrekte weergawe van die storie nie.
“As dit gebeur het, sou daar ’n saak van aanranding wees. Albei groepe was oproerig en dit was waarom ons albei groepe gevra het om die kampterrein te verlaat. Die polisie is nie uitgeroep nie, dit is ’n storie wat gebruik is om sosiale media verder te stook,” het hy gesê.
Joubert het beklemtoon die kampterrein is bekend as gesinsvriendelik en dit sal so bly.
“Ons wil ons reputasie as ’n gesinsvriendelike instelling behou. Deur voorvalle soos dié kan ons net voorbeelde van mense maak om te wys ons sal nie oproerige gedrag duld nie. Soos enige ander kampplek of instelling het ons reëls en regulasies.”
Met verwysing na die Covid-19-pandemie wat byna die toerismebedryf vernietig het, het hy beklemtoon toerisme- en gasvryheidsinstellings kan nie slegte publisiteit bekostig nie.
“Ons is baie afhanklik van toeriste en sedert dit weggevat is, konsentreer ons op ons plaaslike mark wat tans die enigste beskikbare mark vir ons is.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie