Voorwaarts Marx!
Malcolm-hulle herstel Bok-trots.
Allister Coetzee het gesweer nie weer nie. Op Nuweland sal die Springbokke vir hul trots en eer speel, al is die All Black-oormag oorweldigend.
Die Springbokke het dit gedoen. Hulle het nie net vir langer as 80 minute lank staande gebly teen die wêreld se onoorwinlike rugbymag nie, maar kon selfs tot in die laaste minute nog wen.
Die All Blacks weet hoe om toetse met karige besit te wen. Saterdag was dit met ’n skrale punt – 25 teenoor 24. Hulle weet ook hoe om toetse te wen wat hulle besig is om te verloor. Saterdag was so ’n toets. Hulle het op groot skaal drooggemaak, talle kanse ongedaan gemaak. Maar hulle moes ook ’n Bokspan met vuur in hul mae stuit.
Die Bokke was begeesterd, hulle het druk toegepas en die All Blacks tot foute gedwing.
Heel voor aan hierdie aanslag was die twee Bok-brekers Malcolm Marx en sy kaptein, Eben Etzebeth.
Marx was ’n fees om te aanskou. Hy het soos ’n senter genael, soos ’n losskakel uitgegee en soos ’n kragman die All Blacks in sy aanvalle met die bal in die hand omgedop.
Etzebeth was ewe fisiek en het die All Black-verdedigers keer op keer gelyk gemaak.
As die All Blacks vanjaar gelukkig was om ’n toets te wen, was dit Saterdag s’n. Hulle drieë was byna almal teen die verloop van die spel.
Uiteindelik het X-faktor-spelers soos Damian McKenzie en Rieko Ioane die groot verskil tussen die spanne gemaak. Die All Blacks is ook meesters in die groot oomblikke.
Hulle weet hoe om ’n teenstander se foute uit te buit en in punte te omskep.
Die Bokke se skoptaktiek het met tye die uitjouery van die skare verdien. Die plan was dalk reg, maar die uitvoering was bitter swak.
Waarom die bal wegskop as jy die kontaksituasies oorheers en jou teenstanders gevaarlike teenaanvallers soos McKenzie, Ioane en Nehe Milner-Skudder het?
Dit was duidelik dat Ross Cronjé volgens ’n wedstrydplan geskop het. Ongelukkig was sy uitvoering daarvan nie goed nie. Cronjé was wel baie goed met sy verdediging.
Sy skakelmaat Elton Jantjies het boonop van sy swakste rugby van die jaar gespeel.
Afgesien van ’n relatief maklike strafdoel waarmee hy vroeg in die kragmeting misluk het, het hy sy span onder yslike druk geplaas met sy halfhartige duikwerk. Die All Blacks se enigste drie in die eerste helfte, Ryan Crotty s’n, het boonop gevolg nadat ’n skop van Jantjies afgestorm is.
G’n wonder die Bok-bestuurspan het hom ná slegs 55 minute se spel deur Handré Pollard vervang nie. En hoe ’n groot verskil het Pollard nie gemaak nie? In die 64ste minuut was dit hy wat oor die voordeellyn is, die bal na Malcolm Marx aangegee het wat Jean-Luc du Preez vir ’n mooi vyfpunter weggestuur het.
Ongelukkig kon Pollard ná ’n harde kopstamp nie die wedstryd voltooi nie en moes Jantjies terugkeer.
Die rustydtelling van 8-3 was soos die eindtelling nie ’n ware weergawe wat in daardie lang eerste helfte van 49 minute gebeur het nie.
Die Bok-agttal het die besoekers oorheers. Die skrum was die een uitsondering met Ruan Dreyer wat twee keer aan die verkeerde kant van die Fransman Jérôme Garcès se fluitjie was.
Dreyer het wel hard gewerk in die vastelos, maar hy sal sy skrumtegniek moet verbeter as hy vorentoe toetsrugby wil speel. Daar was duidelike verbetering toe Wilco Louw hom ná ongeveer 54 minute se spel vervang het.
Marx was iets ysliks. Hy het in die eerste helfte drie keer – twee keer binne die kwartgebied en naby aan die Bokke se doellyn – balbesit op kritieke tye afgeneem. Hy was daarmee minstens 19 punte vir sy span werd.
Buiten dat hy self gaan druk het, het hy ook Jean-Luc du Preez se drie gemaak met sy vernuftige aansluiting as baldraer.
Steven Kitshoff, Lood de Jager en Pieter-Steph du Toit was ewe op hul stukke. Almal weet Kitshoff skrum sterker as enige loskop op die planeet. Saterdag het hy net weer gewys dat hy as baldraer en met sy werkverrigting ’n speler van wêreldgehalte is.
Die Bokke se waagstuk deur Du Toit op flank te kies, was toe baie geslaagd. Sy fisieke teenwoordigheid was goud werd. Hy het nie net as baldraer uitgeblink nie, maar ook as verdediger.
Nog ’n regmerk vir die Bokke was die insluiting van De Jager ná die lynstaanprobleme wat Suid-Afrika in Albany ondervind het.
Ten minste het die Bokke vir die Slag van Albany vergoed. Hulle hét die All Blacks. Hulle kon die All Blacks net nie laat inplof nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie