Voorwaarts met ente
Namibië het Donderdag 62 142 dosisse entstowwe oorgehad totdat die volgende besending voorraad in die land aankom.
Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het nié die immuniseringsveldtog teen Covid-19 gestop nie.
“Ek kan die publiek verseker dit is nie die geval nie. Die ministerie gaan voort om so veel as moontlik mense met die eerste dosis in te ent, terwyl die tweede dosis toegedien sal word so gou as wat die volgende voorraad entstowwe in Julie ontvang word,” het die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, gesê.
Volgens hom is dit in ooreenstemming met riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) in gevalle van beperkte entstofvoorraad.
Shangula sê die eerste dosis entstof bied reeds “’n mate van beskerming teen ernstige siekte, hospitalisasie en sterfte”.
“Om dus soveel as moontlik mense met die eerste dosis in te ent, sal lei tot die beskerming van die groter gedeelte van die bevolking teen ernstige siekte, hospitalisasie en sterfte.”
Dit volg nadat inentings in Erongo verlede week net tweede dosisse ingesluit het en Omusati vanaf vandag tydelik ook alle eerste dosisse opgeskort het totdat nuwe voorraad ontvang word. In Windhoek was by sommige inentingspunte net AstraZeneca beskikbaar.
Teen verlede Donderdag het 112 773 mense ’n eerste dosis en 22 285 ook hul tweede dosisse ontvang. Dit is 1,5% van die bevolking en vir die land om kuddeweerstand te bereik, moet 1,4 miljoen mense ten volle ingeënt word.
Namibië het 100 000 dosisse Sinopharm van China en 30 000 dosisse AstraZeneca/Covishield van Indië ontvang. Die regering is 108 000 dosisse entstowwe van Covax beloof waarvan hulle reeds 76 200 AstraZeneca ontvang het. Die totaal vir die land is dus 197 200 waarvan 135 058 dosisse teen verlede week Donderdag toegedien is. Dit het die land sedert Donderdag toe met 62 142 dosisse oorgelaat totdat die volgende besending voorraad in die land aankom. Volgens Shangula het die ministerie begin om entstowwe nou te versprei van streke waar die opname laag was, na streke soos Khomas, Erongo, Omaheke, ||Kharas en Hardap waar meer nodig is.
Shangula het gemaan die voorsiening van entstowwe deur vervaardigers word ingeperk deur die hoë wêreldwye aanvraag, wat op sy beurt weer ’n invloed op die verskaffing van Covax gehad het.
Hy het verwys na die ministerie wat vrywaring vir die invoer van sekere entstowwe en wel Vero Cell, Sputnik V, Johnson & Johnson, Covaxin, Moderna en AstraZeneca het.
Buiten Covax is Namibië ook deel van die Afrika Platform vir die Verskaffing van Medisyne (AMSP), sowel as die taakspan vir die verkryging van entstowwe in Afrika (AVATT). Die land werk ook nou saam met buurlande om gesamentlik entstowwe te bekom.
Shangula het beklemtoon entstowwe word in fases aangekoop, omdat baie ’n relatief kort raklewe het en om te verseker slegs bestuurbare hoeveelhede is beskikbaar om vermorsing te voorkom en produkte verval voordat dit gebruik is.
Volgens hom word 40 800 AstraZeneca-entstowwe van Covax vroeg aanstaande maand verwag. Ook vroeg in Julie word 150 000 dosisse Sinopharm en 100 000 Sputnik verwag, terwyl 120 000 dosisse AstraZeneca Europe in middel-Julie verwag word. Die Johnson & Johnson-entstof (250 000) word vroeg Augustus in die land verwag.
“Covax is tans besig om entstowwe as deel van ronde vier toe te ken. Ons wag om vir inligting oor hoeveel dosisse aan Namibië toegeken is.”
Hy het die verspreiding van fopnuus oor entstowwe as ’n bedreiging vir die land beskryf en gemaan dit dra tot die verslegtende toestand in die land by. Shangula het beklemtoon dit is ’n strafbare oortreding en het ontken dat inentings ’n bydrae tot die land se hoë sterftesyfer maak.
“Volgens beskikbare statistiek is dié wat ingeënt en gehospitaliseer is, net 5% met ernstige siekte. Dié wat ’n eerste dosis ontvang het, is 1% van sterftes. Sowat 98% van alle Covid-sterftes het geen entstof teen Covid ontvang nie.”
Shangula sê beskikbare voorraad sal gebruik word as eerste dosisse, sowel as vir persone wat die hoogste risiko vir ernstige siekte, hospitalisasie of sterfte is.
Landswyd is die afgelope Maandag tot Vrydag gemiddeld 2 620 eerste inentings gedoen. Twee weke gelede was die syfer 3 091.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie