Voorwaarts Okahandja!

Mandy Rittmann
KOOS SWARTS SKRYF:

Ons is dankbaar teenoor 23 sakemanne wat inisiatief geneem het om 'n bydrae te maak om 28 vullisdromme in Okahandja op te sit. Twintig in die dorp en agt in die rivier.

Die hoofborge en nog 'n sakeman het die dromme, die ysters en die verf voorsien. 'n Geborgde logo van elke besigheid sal op die drom gelamineer word. Die munisipaliteit onderneem om dit op 'n gereelde basis leeg te maak.

Die dromme is uitsluitlik bedoel vir die voetgangers en besoekers in die rivier. Nie vir huis-, tuin- of bourommel nie. Elkeen se samewerking sal intens waardeer word.

Aranos-munisipaliteit se besoek met hulle projek “Trots Aranos” het verteenwoordigers uit verskillende sektore in Okahandja inspireer om met nuwe ywer 'n poging aan te wend om Okahandja 'n skoner dorp te maak. Ons is ook opgewonde oor Rent a Drum se betrokkenheid met herwinning.

Kom ons moedig mekaar aan om nuut te dink oor Okahandja, hande te vat en saam te werk vir 'n skoner Okahandja. Dit moet respek by elke inwoner afdwing.

Semper prorsem. Ever Forward.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!