Vorige baas van Steers, Wimpy nou by Kauai-groep
Hedderwick het Steers van ’n familie-onderneming met ’n waarde van R105 miljoen in 2000 uitgebou tot Famous Brands, wat ’n markwaarde van nagenoeg R14 miljard het.
Hanlie Stadler – Een van Suid-Afrika se mees ervare restaurantbase, Kevin Hedderwick, het hom as strategiese direkteur by Real Foods, eienaar van onder meer Kauai en Nü Health Food Café, aangesluit.
Hedderwick is die voormalige uitvoerende hoof van Famous Brands, wat onder meer Steers, Wimpy, Mugg & Bean en Debonairs besit.
Antony Ball, medestigter en voormalige uitvoerende hoof van die private-ekwiteitsfirma Brait, is sedert Oktober in Real Foods se direksie.
Real Foods besit ook Kohu en Highveld Honey, een van die grootste heuningverskaffers in die land.
Dean Kowarski, uitvoerende hoof, het Hedderwick en Ball in die direksie verwelkom op ’n tydstip dat die groep van plan is om deur verkrygings uit te brei.
“Dis ’n kompliment vir ons en ons sakemodel dat Kevin, wat hoogs gerespekteerd is in die kosbedryf, gekies het om hom by Real Foods aan te sluit uit die baie opsies wat aan hom beskikbaar is.
“Kevin glo dat die groei van die sektor vir natuurlike kos buitengewoon is en dat Real Foods die beste geplaas is om voordeel te trek uit dié groei. Kevin is ’n uiters ervare en geagte sakeleier en ons het geen twyfel nie dat sy kundigheid ’n hupstoot sal wees vir die ambisieuse groei- en potensiële toekomstige noteringsplan wat ons vir die groep het.”
Hedderwick het Steers van ’n familie-onderneming met ’n waarde van R105 miljoen in 2000 uitgebou tot Famous Brands, wat ’n markwaarde van nagenoeg R14 miljard het.
Hedderwick sê hy is aangetrokke tot Real Foods se “passie vir outentieke, regte kos van uitstaande gehalte”.
Antony Ball is in die direksie van Real Foods aangestel.
“Nadat ek baie tyd in die genoteerde korporatiewe omgewing deurgebring het, sien ek uit daarna om deel te wees van die dinamiese, ratse en entrepreneuriese, dog onversetlik resultaatgedrewe kultuur by Real Foods.”
Ball is nader gehark vir sy ervaring met beleggings. Hy het Brait genoteer en het die maatskappy met verskeie transaksies gehelp, onder meer Pepkor en Net1.
Hy is in 2011 by Brait weg en is tans voorsitter van Value Capital Partners.
Kowarski sê die groei in die beweging vir natuurlike kos kan vergelyk word met die groei van tegnologiemaatskappye 20 jaar gelede. “Natuurlike kos is nog in sy kinderskoene in Suid-Afrika.”
Real Foods het meer as 160 restaurante en het onlangs ’n reeks Kauai-produkte in Checkers begin verkoop.
Hy sê dis meer as ’n gier. “Dis hier om te bly.”
Kowarski het Real Foods in 2013 begin en besit dit saam met die waagkapitaalfirma Genesis Capital Partners. Die maatskappy het Kauai, wat reeds 22 jaar bestaan, in 2015 gekoop.
Aanvanklik is beplan om na Brittanje uit te brei en Kowarski het aan Netwerk24 bevestig hulle ondersoek ’n geleentheid in dié mark.
“Ons sal gedissiplineerd wees oor hoe ons oorsese markte betree. Ons glo dat Kauai goed sal werk oorsees.”
Dié opmerking kom terwyl Hedderwick se vorige werkgewer, Famous Brands, juis sy vingers in Brittanje verbrand het met die verkryging van Gourmet Burger Kitchen (GBK). Die groep het Maandag aangekondig dat hy die waarde van GBK met R874 miljoen voor belasting of R760 miljoen ná belasting afskryf in sy halfjaarsyfers, wat op 29 Oktober uitgereik word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie