Vorms vir droogtesubsidie binnekort gereed
Ronelle Rademeyer - Die vorms wat boere nodig het om eise vir droogtehulp in te dien, sal teen volgende week op die laatste versprei word.
Dit sal na alle kantore van die ministerie van landbou, water en bosbou in die streke, veeartsenykantore, die Vleisraad en streekraadkantore gestuur word, sê die landbouministerie se uitvoerende direkteur, mnr. Percy Misika.
Die droogtehulp van nagenoeg N$573 miljoen, wat die regering as noodmaatreël beskikbaar stel, sluit ‘n aansporingskema vir die bemarking van vee in.
Daarbenewens kan boere ook om subsidies vir veevoer en lek aansoek doen, asook vir die huur van weiveld en die koste om vee daarheen te vervoer. (Sien die infografiek vir meer inligting hieroor.)
Mnr. Roelie Venter, uitvoerende bestuurder van die Namibië Landbou-unie (NLU), sê ‘n versoek is aan die ministerie gerig vir uitgebreide inligting oor hierdie subsidies, maar dit is nog nie ontvang nie.
Intussen het AgriBank in die lig van die droogte paaiementverligting vir boere aangekondig wat lenings by dié bank het.
Boere wat op datum is met terugbetalings kry die vergunning om vanjaar net 60% van die normale paaiement te betaal.
Droogtehulplenings sal ook beskikbaar gestel word, waarvan die terugbetaling eers oor ‘n jaar in werking tree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie