Vorster jaag die manne hard deur woestyn
Bergfietsry
Die deelname van die Olimpiese ryer Michelle Vorster was die naweek ’n hoogtepunt van die Woermann Brock Coastal Classic wat op Swakopmund aangebied is.
Meer as 200 ryers het deelgeneem in die goed georganiseerde byeenkoms waarin hulle die omliggende Namibwoestyn in afstande van 80 km of 45 km kon aandurf.
Vorster het vir ’n paar weke gerus sedert haar Olimpiese debuut in Rio de Janeiro, maar op Swakopmund was sy weer haastig op dreef.
Net vier mans het die 80 km vinniger as sy afgelê, naamlik Xavier Papo, Costa Seibeb, Joe Joe Hamunyela en die subveteraan Wim Steenkamp.
“Die natuurskoon van die woestyn is ongelooflik en ek sal definitief terugkeer om die Coastal Classic weer te kom ry,” het Vorster gister aan die koerant gesê, hoewel sy ook geskerts het dat sy nie genoeg tyd aan rondkyk kon bestee nie.
“Die organiseerders het duidelik baie moeite gedoen om die roete so aanskoulik en ook uitdagend vir die ryers te maak. Daar was heelwat dele waar jy tegnies ook jou storie moes ken. Dit was nie maklik nie, maar die groeiende getal deelnemers wys dat die byeenkoms al hoe meer gewild word.”
Oor haar eie doelwitte ná Rio 2016 het Vorster gesê sy is ná die ruskans weer hard aan die oefen.
“Ek wil gewis weer in ’n viermanspan aan die Nedbank Desert Dash in Desember deelneem. My groter doelwit oor die langer termyn is om goed te vaar by die 2018 Statebondspele aan Australië se Gold Coast.”
Saterdag se uitslae van die 80 km kategorieë:
ELITE MANS 80 km
1 Xavier Papo 3:03:50
2 Raul Costa Seibeb 3:06:44
3 Joe Joe Hamunyela 3:19:26
4 Golden Anamab 3:30:45
5 Fiffi Chiponeni Kashululu 3:33:35
ELITE VROUE 80 km
1 Michelle Vorster 3:24:35
2 Lelani Swart 4:26:45
3 Ané Hanekom 4:33:51
SUBVETERAAN MANS 80 km
1 Wim Steenkamp 3:19:26
2 Ananias Ananias 3:25:43
3 Christiaan Bean 3:32:42
4 Frikkie van Greunen 3:33:52
SUBVETERAAN VROUE 80 km
1 Jeanne Heunis 3:53:12
2 Luanne van der Schyff 4:11:16
3 Helene Wigget 5:35:44
VETERAAN MANS 80 km
1 Thorsten Horenburg 3:27:21
2 Silvio Suardi 3:43:29
3 Johan Vorster 3:56:44
MEESTERS VROUE 80 km
1 Anja Schroder 4:25:23
2 Patricia Hoeksema 4:41:01
3 Karen Munting 5:28:57
MEESTERS MANS 80 km
1 Stefan Bohlke 3:34:47
2 Jan Matthys Nel 3:51:13
3 Arno Kok 3:55:05
RHINO-KLAS 80 KM (90 kg plus)
1 Chris Bartholomae 3:58:30
2 Antonie van Wyk 4:09:08
3 Hannes Aucamp 4:26:40

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie