Vra nou die kernvraag
Namibië kan in tot 10% van die wêreld se uraanbehoefte voorsien, maar is afhanklik van 80% invoere vir voorsiening in eie elektrisiteitsbehoeftes.
Augetto Graig - Volgens dr. Nortin Titus, 'n hoogs gekwalifiseerde Namibiese geofisikus, moet die land en sy mense kernkrag as 'n opsie vir Namibië se elektrisiteitsbehoeftes begin bespreek.
In sy toespraak gister by die Windhoek-skougronde waar die Kamer van Mynbou se jaarlikse ekspo gehou is, het hy gesê toekomstige nageslagte verdien meer uit die land se uraanhulpbron.
As Namibië 'n kragstasie so groot soos Suid-Afrika se Koeberg sou bou, en wat sowat 500 ton uraan benodig vir sy brandstofvereistes, sou die kragstasie 14 terawatt-uur 'n jaar kon opwek, het hy gesê. Dit sou oorgenoeg wees vir Namibië se totale eie behoefte van sowat 4 terawatt-uur, met nog 10 terawatt uur en 2 500 ton uraan oor vir uitvoer.
So 'n kernkragstasie sou maar 'n halwe vierkante kilometer beslaan. Om dieselfde resultaat te verkry, sou 72 m² met windturbines bedek moes word, of 1 300 m² met sonpanele.
Namibië gebruik jaarliks 3,7 terawatt-uur elektrisiteit waarvan net 1,5 terawatt-uur plaaslik opgewek word. “Die gaping tussen wat ons opwek en wat ons gebruik, neem aanhoudend toe,” het Titus gesê.
Daar is net een 120MW grootskaalse kragstasie in die land en sedert onafhanklikheid is daar nie weer een gebou nie. Om die tekort te verklein, sou ten minste nog drie kragstasies so groot soos die Van Eck-kragstasie gebou moet word.
Benewens die 60% elektrisiteit wat die land jaarliks invoer, moet Namibië ook al die benodigde steenkool vir die kragstasie invoer.
“Voorsiening is nie 100% verseker vir ons behoefte aan brandstof of elektrisiteit nie,” het Titus gesê.
Terselfdertyd is die uraan wat Namibië jaarliks uitvoer, genoeg om vier kernreaktors sowat 30 terawatt per jaar te laat opwek, of om vir 'n jaar genoeg te voorsien vir 12 bestaande kernreaktore ter wêreld wat tans gesamentlik 28 terawatt-uur elektrisiteit aan ander nasies voorsien.
“Ons het geen behoefte aan ons eie (uraan-)brandstof nie, maar is afhanklik van 80% invoere vir voorsiening in ons elektrisiteitsbehoeftes,” het hy gesê.
“Die somme klop nie,” sê Titus. “Die debat oor kernkragopwekking moet begin, ter wille van die volgende geslag. Namibiërs moet nou oor kernkrag begin praat, veral omdat wye ondersteuning vir die gebruik van kernkrag noodsaaklik is om dit te laat geskied. Dit vereis dat die publiek kernkrag aanvaar.”
Titus vergelyk die besluit om 'n kernkragaanleg te bou met dié om 'n kind te hê, en sê dit is ook op lang termyn en net so belangrik. “Ons moet Namibië voorberei daarvoor,” sê hy.
Een aanvanklike stap is die wysiging van Namibiese wette om die gebruik van kernkrag in die land toe te laat, wat tans nie die geval is nie. Die beleid, die wet en betrokke regulasies sal aangepas moet word, sê Titus.
“Vermoëns en vaardighede moet ook opgebou word.”
Terwyl Namibië nie kernkrag oorweeg nie, gaan die wêreld daarmee voort. Volgens Titus is 38 nuwe kernkragstasies tussen 2000 en 2010 wêreldwyd aan kragnetwerke gekoppel. Vanaf 2011 het nog 45 aanlyn gekom. Tans is daar 83 nuwe kernreaktore wat sedert 2000 sowat 700 terawatt-uur se krag aan die wêreld verskaf.
Altesaam is 450 kernkragaanlegte tans wêreldwyd besig om krag op te wek. Nog 56 word tans gebou.
Ontwrigting van die wêreld se elektrisiteitsmark mag ook kom vanweë die ontwikkeling van klein modulêre reaktore. Veral in die mynboubedryf word toenemend gebruik gemaak van klein modulêrereaktor-kernkragstasies wat tussen 10MW en 300MW opwek.
“Ná 2030 kan klein modulêre reaktore belangrike grootmaatkragopwekkers vir klein ekonomieë, klein gemeenskappe en afgeleë bedrywighede word,” sê Titus.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie