Vrae oor beeldmateriaal
Die vermiste dokumente van Ernst & Young se ondersoek is by die hoërhof as bewyse van opsetlike manipulasie ingedien.
Catherine Sasman - Die hofstryd tussen die ouditeur mnr. Hans Hashagen en die Raad van Openbare Rekenmeesters en Ouditeurs (Paab) kan die sweer oopsteek wat gebeure van byna 'n dekade gelede by die Namibië Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Dienste (Namfisa) veroorsaak het.
Dié vereniging het Hashagen op ses klagte van wangedrag aangekla ná die beweerde weglating van sleuteldokumente in 'n forensiese verslag oor beweerde kullery by Namfisa in 2008 en 2009.
Hashagen was toe namens die ouditeursfirma Ernst & Young (EY) in beheer van die ondersoek na Namfisa.
Die voormalige hoofbestuurder van Namfisa, mnr. Rainer Ritter, wat gedwing is om Namfisa te verlaat nadat EY se bevindinge ná die ondersoek bekend gemaak is, het 'n klagte by Paab aanhangig gemaak waarin onprofessionele gedrag deur Hashagen beweer word oor dokumente en lêers wat weggelaat is. Ritter voer aan Hashagen het dit met opset uit sy verslag en bevindinge gelaat.
Van die dokumente wat na bewering weggelaat is uit die EY-verslag bevat plofbare getuienis oor hoe Namfisa-personeel veiligheidsmaatreëls by die staatsonderneming verontagsaam het - klaarblyklik in 'n poging om getuienis te manipuleer of te vernietig.
Namfisa was destyds besig met 'n ondersoek na die N$660 miljoen in lenings deur die staatsdienspensioenfonds (GIPF) se portefeulje vir kapitale ontwikkeling, wat leners nie terugbetaal het nie.
Vermiste dokumente
Een van EY se take was om Ritter se getuienis aan die Namfisa-direksie te verifieer.
Hierin is aangevoer die hoofbestuurder belas met beleggingsinstansies, mnr. Boni Paulino, het getuienis uit 'n klein direksiekantoor van Namfisa se kantore in die Sanlam-gebou verwyder.
Dit is glo op kringtelevisiekameras (CCTV) vasgevang. Volgens Ritter wys dit duidelik hoe Paulino op 13 November 2008 die gebou met iets in sy hand verlaat.
Al is dié greep CCTV-data van Namfisa se diener verwyder, het Ritter, wat toe reeds interne korrupsie vermoed het, spieëlbeeld data (mirror data) gebruik wat elders opgevang is om sy getuienis te staaf.
In die opsomming van die bevindinge sê EY hulle kan nie kommentaar lewer oor hoe waar die bewerings is nie vanweë die aard van die getuienis.
Ritter het die lollery met interne CCTV-beeldmateriaal aangemeld, aangesien twee hardeskywe skoongevee is.
Ritter sê voorts 'n volledige verslag van die Suid-Afrikaanse onderneming Babalela Security Services, wat 'n fisieke én elektroniese soektog in November 2008 gedoen het, is aan EY voorgelê.
Babalela het bevind “vorige installerings van meeluister- en koverte toerusting” is in die plafon van die eerste verdieping van die gebou gevind.
Die bedrading van 'n kamera met klank, asook 'n verbinder, is ook in die direksiekamer langs die kantoor van Ritter se sekretaresse aangetref. Dit kon sowel Ritter as sy sekretaresse se kantore bereik.
Ritter sê ondanks voldoende getuienis van onderduimse spel, het Hashagen en EY nie 'n onderhoud met die bestuurder van Babalela, mnr. Renier Tredoux, gevoer nie. Hulle moes dus staatmaak op die inspeksie van vyf kabels wat in die besit van die Namibiese polisie was.
Tredoux het bevind die kabels was “hoogs gespesialiseer”.
Op 15 November 2008 het 'n spesialis- forensiese ondersoekbeampte in diens van Namfisa foto's van die kabels in die direksiekamer se plafon geneem.
Die Namfisa-kamera en -skootrekenaar met die bewyse op is later uit Namfisa se kantoor gesteel.
In daardie tyd is die ondersoekbeampte wreed in sy huis aangeval en vir dood nagelaat.
Hy het die aanval egter oorleef.
In sy getuienis aan EY het Paulino homself as die man op die CCTV-beeldmateriaal geïdentifiseer.
Hy het ontken dat hy enige kennis dra van meeluistertoerusting of kabels en het gesê hy kan nie onthou of hy dié nag in November 2008 enigiets uit sy kantoor verwyder het nie.
Geïgnoreer
Ritter se klagte is ook dat EY geen verklaring van hom, die spesialisondersoekbeampte, me. Lily Brandt (voormalige hoofbestuurder van korporatiewe dienste) of die Namibiese polisie oor die voorval geneem het nie - ondanks talle hangende strafsake wat deur die polisie ondersoek word.
Hy sê op die beeldmateriaal kan gesien word dat Paulino net een minuut in sy kantoor deurgebring het ná die moeite om teen 21:00 daarheen te ry.
Ritter sê EY en Hashagen het waarskynlik met opset geweier om verdere ondersoek na Paulino se laataandbesoek aan Namfisa se kantore in te stel, ondanks die feit dat hulle van verskeie bewyse voorsien is wat op 'n prima facie-saak van korrupsie dui, of alternatiewelik die onwettige onderskepping van private besprekings en data, of die onwettige skending van privaatheid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie