Vrae oor die egtheid van Namibiese Christenskap
OOM PEET SKRYF:
Indien 90% plus van alle Namibiërs Christene is, vra die Vrydagskrywe van 22 Junie 2018 (“Min om in Pride-maand op trots te wees”) om kommentaar.
Dan aanvaar ek ook dat hierdie 90% Christene die Bybel ('n grootse kleinnood) in hul besit het. As hierdie Bybel dan die naam “Woord van God” waardig is, moet dit as sulks onvoorwaardelik aanvaar word.
Selfs die president het tydens sy inhuldiging plegtig sy hand op die Bybel geplaas, gesweer en afgesluit met: “So help me God.”
Maar waarom op die Bybel? Teenoor wie het hy gesweer? Die Bybelse God?
Daarteenoor betoog die rubriekskrywer onder andere ook dat Namibië 'n sekulêre staat is.
Dit is allermins my idee om hier namens ander sogenaamde Christene te reageer. Ongelukkig, soos met 'n kosresep, gaan mense kwistig met die misbruik van die Bybel om. Voeg by na smaak!
Wat te veel of te min sout betref: "Julle (Christene) is die sout van die aarde. Maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite te gooi en deur die mense vertrap te word nie." (Matt. 5:13)
In die lig hiervan moet die 90% Christengetal bevraagteken word. Lidmate? Dopelinge? Saamlopers? Koorsangers? Ouderlinge? Ja-ja-ja!
Nou. Almal eet brood: pa, ma, kinders, ja, die hele nasie. Die Bybel word ook genoem die “Brood van die Lewe”. Om die proe/interpretasie van die Woord dus oor te laat aan professore/doktore/lektore by sogenaamde kweekskole is geestelik riskant.
Moenie so gou vergeet nie dat die vloek van apartheid in die RSA en Namibië gebaar was binne die vier mure van 'n kerk deur teologiese deskundiges vanuit 'n gereformeerde agtergrond. Dieselfde kerk is tans besig met 'n hofstryd voor 'n wêreldse regbank oor die aanvaarding aldan nie van gaypredikante op hul kansels.
Die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God (1 Kor. 3:19).
Reeds vanaf skoolgaande ouderdom lees kinders en verstaan dit wat hulle lees. So byvoorbeeld het die Rooisee “versuip” van die Egiptenare in die Ou Testament my destyds as kleuter oor en oor in my verbeelding aangegryp.
Nou – groot asseblief, lees hierdie teksvers uit die 1933 Afrikaanse vertaling van die Bybel: “Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in die wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe.” Is dit verstaanbare Afrikaans?
Maar waar pas hierdie reënboogmense in 2018 dan in? Hulle was sedert die eerste Bybelboek reeds ook op aarde, veral in die twee stede Sodom en Gomorra. Die twee name wek by die meeste van ons net 'n vae begrip van sondigheid op. In ons eie regstelsel word na 'n spesifieke misdaad verwys as sodomie.
Gays het, net soos almal van ons, ononderhandelbare menseregte. Niemand kan dit ontsê word nie!
Onthou egter, die God van die Bybel het sy Goddelike regte, soos uitgestippel vanaf Genesis tot in Openbaring. Elkeen is myns insiens verplig om ons menseregte ondergeskik aan Sy Goddelike regte te stel. Nie andersom nie.
Moenie aan die Bybel peuter nie!
Nee, want Johannes van die Bybel verklaar onder oortuiging van Gods Gees: “U Woord is die waarheid” (Joh. 17:17). Die Bybel word wêreldwyd erken as die mees gelese boek, want almal smag na waarheid wat hulle bly ontwyk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie