Vrae oor dokumente op rekenaar
Vrae oor dokumente op rekenaar

Vrae oor dokumente op rekenaar

Alhoewel die voormalige uitvoerende hoof van Fishcor getuig het dat hy geen belange in twee van sy medebeskuldigdes se maatskappye gehad nie, het die staat dokumente wat die teendeel bewys.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – “Julle kon tot dusver nog nie bewys dat ek enige geld vir my eie voordeel gebruik het nie en beweer slegs dit was tot voordeel van my medebeskuldigdes.”

So het die voormalige uitvoerende hoof van Fishcor, mnr. Mike Nghipunya, gister tydens die vyfde dag van kruisondervraging in sy formele aansoek om borgtog gesê.

Die staat het tydens kruisondervraging beweer op Nghipunya se rekenaar – waarop beslag gelê is – is dokumente gevind wat ’n aanduiding is hy het moontlike belange gehad by twee maatskappye wat geld deur die skema ontvang het.

Dit nadat Nghipunya aangevoer het dat hy geen belange by die maatskappye gehad het nie.

Die dokumente bevat twee ooreenkomste – een tussen Nghipunya en Wanakadu Investment en die ander tussen hom en Jacobs Investments wat stel dat hy ’n 50%-belang by die maatskappy het.

Die ooreenkomste wat na bewering op sy rekenaar gevind is, is nie deur al twee partye onderteken nie.

MWAPOPI EN SHUUDIFONYA

Wanakadu Investment is ’n entitieit onder die bestuur van medebeskuldigde, mnr. Phillipus Mwapopi, en Nghipunya het tydens kruisondervraging gesê hy en Mwapopi ken mekaar al omtrent vanaf 2010 in ’n sosiale hoedanigheid.

Medebeskuldigde, mnr. Otneel Shuudifonya, was die eienaar van Jacob Investment en hy en Nghipunya is, volgens sy getuienis, omtrent vanaf 2006 vriende.

Nghipunya was die een wat Jacobs Investment se naam – namens Shuudifonya – gereserveer het.

NGHIPUNYA BETWIS DOKUMENTE

Toe adjunk-aanklaer-generaal Cliff Lutibezi die kwessie van die dokumente onder die loep bring, het Nghipunya se regsverteenwoordiger, mnr. Thabang Phatela, onmiddellik die toelaatbaarheid van die dokumente in die hof bevraagteken.

Phatela voer aan die wettigheid van die beslaglegging van die beskuldigdes se toestelle in die verhoor sal betwis word en daar is geen bewyse van watter toestel aan watter beskuldigde behoort nie.

Nghipunya het dit in sy getuienis beaam en gesê hy kan nie getuig wat op die rekenaar gevind is nie, omdat hy nie met sekerheid kan sê dat dit aan hom behoort het nie.

Hy beweer die dokumente kon moontlik vervals wees.

Volgens die staat het die ooreenkoms met Wanakadu glo sy voorletters en elektroniese handtekening by.

“My handtekening is op my rekenaar. As dit my rekenaar was, kon enigeen toegang daartoe verkry en my handtekening opgesit het.

Die ander party het nie die dokument geteken nie en daar is geen datum op nie,” het Nghipunya getuig.

Die Jacobs-ooreenkoms is nie deur hom of Shuudifonya onderteken nie.

KWOTAS VERNIET GEGEE

Nghipunya het verder getuig kwotas is aan maatskappye gegee sonder dat daarvoor betaal is, omdat dit tot die voordeel van die gemeenskap is ten opsigte van onder meer werkskepping.

Tydens kruisondervraging is vasgestel Lowkey Investments het sowat 6 000 metrieke ton vanaf 2017 tot 2019 op dié manier bekom.

Lutibezi het hom gevra of hy die magtiging gehad het om te kies wie hierdie kwotas ontvang.

“Die ministerie identifiseer die maatskappye wat die kwotas moet ontvang,” het Nghipunya geantwoord.

Kruisondervraging sal vandag hervat.
[email protected]

FOTO
Twee van die Fishrot-beskuldigdes, mnre. Otneel Shuudifonya (links) en Phillipus Mwapopi. Foto Kristien Kruger

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!