Vrae oor Eskom knou rand
Die staat se duidelike steun van Eskom is glad nie goeie nuus vir die rand nie.
Elvira Wood – Die rand spartel steeds om kop bo water te hou.
Dit volg nadat die kredietgradeerder Fitch Ratings Vrydagmiddag sy vooruitsig vir Suid-Afrika van stabiel na negatief verander het.
Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, sê dié nuus, tesame met die staat se duidelike steun van Eskom, is glad nie goeie nuus vir die rand nie.
Moody’s Investor Service het ook Donderdag gewaarsku dat die staat se planne om nóg geld vir Eskom te gee kredietnegatief is.
“Voor die regering se nuutste kommentaar oor Eskom het die rand oortuigend tot onder die R14-vlak teenoor die dollar verstewig.
“Nadat die tesourie ’n addisionele R59 miljard oor twee jaar deur middel van die spesiale toedelingswetsontwerp aan Eskom goedgekeur het, het dit ’n negatiewe invloed op die rand gehad,” sê sy.
Die rand verhandel vroeg Dinsdagoggend teen R14,15 teenoor die dollar, R17,20 teenoor die Britse pond en R15,76 teenoor die euro.
Met hulpbronne staan sake soos volg:
· Goud: $1 4370 per fynons
· Platinum: $877 per ons
· Olie: $63,95 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $9 437,72/R142 663
· Ethereum: $206,74/R3 127 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie