Vrae oor oliestoor
Die kabinet wil weet hoe hoog die gerief werklik is en wat die oppervlak van die grond is waarop dit gebou is.
Augetto Graig - Hoe hoog presies Namibië se nuwe oliestoor is, en hoe groot die stuk grond is waarop dit gebou is, word bevraagteken.
Die kabinet het die ministerie van myne en energie opdrag gegee om ’n tegniese ondersoek na die nasionale oliestoor op Walvisbaai in te stel.
Dit volg op ’n ouditverslag van PricewaterhouseCoopers oor betalings wat reeds gemaak is.
Na aanleiding van hierdie verslag dring die kabinet aan op ’n vorderingsverslag oor die bou en ingebruikneming van dié nuwe gerief wat die regering miljarde kos.
Mnr. Stanley Simataa, minister van inligting en kommunikasietegnologie, het die jongste kabinetsbesluite Donderdag (5 Maart) bekend gemaak.
Simataa het gesê gebreke is ontdek en “om by die kern van die gebreke uit te kom, is die ouditfirma aangestel om ’n deeglike oudit te doen”.
Hy sê die verslag het sekere kwessies uitgelig, wat die presiese tenkhoogte en grootte van die grond insluit wat dit beslaan, “aangesien bykomende grond aangekoop is”.
Volgens Simataa het die kabinet die mynbouministerie opdrag gegee om ’n tegniese evaluering te doen om die akkuraatheid van die tenkhoogte en grondoppervlak vas te stel.
Verder moet die ministerie ondersoek instel, afhangend van die bevinding van die tegniese evaluering, oor hoe dit gebeur het dat die tenkhoogte en die grondoppervlak verkeerd bereken is.
Ook moet bepaal word of dit te wyte aan die kontrakteur se nalatigheid of die werkgewer se verteenwoordiger is, of die gevolg is van ander partye se betrokkenheid, sê die minister.
Wat grondoppervlak betref, het die kabinet vrae oor die moontlikheid van uitgelapte vertroulike inligting, veral voor bouwerk begin het, wat tot die kontrakteur se aankoop van grond kon lei.
Verder moet die mynbouministerie en die ministerie van finansies saam vasstel wat die grond se ware markwaarde is en of hierdie bedrag betaal moet word indien die grond gekoop moet word.
Simataa sê die ministerie van myne en energie moet hierdie ondersoeke dringend van stapel stuur.
“Hulle moet dieper delf omdat van die kwessies bykomende kostes meegebring het,” sê hy.
Aanvanklik sou die gerief, wat in 2010 voorgestel is, sowat N$900 miljoen kos.
Teen 2014 het die projek se koste reeds N$3,7 miljard beloop en sekere 2019-verslae het dit op N$5,5 miljard bereken.
Dít voor ’n bykomende N$50 miljoen verlede jaar vir ’n verbeterde brandblusstelsel verskaf is.
–[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie